13/05/2025
J A P I E
Die Japie bied 'n asemrowende ruimte vir die perfekte geleentheidsvenue. Of dit nou ‘n samekoms, vergadering of onthaal is. Die Japie het ‘n pragtige, moderne interieur met stapelbare deure wat die binne- en stoeparea inmekaar laat vloei. Die deure maak oop na 'n groot patio met ongelooflike uitsigte oor die Bolandse berge.
Die Japie het ook 'n elegante kroegarea met 'n indrukwekkende, lang toonbank. Die kroegarea is deel van die saal en gaste sal dus nie ‘n oomblik van die onthaal misloop nie. Die kroegarea se ontwerp en beligting komplementeer die saal se estetika en skep 'n uitnodigende bymekaarkomplek wat gaste gedompel hou in die lewendige atmosfeer van die onthaal. Daar is al die nodige yskaste vir koeldrank of iets sterker.
Die funksionele en elegante uitleg kan volgens u behoeftes aangepas word. Die badkamers is gerieflik, omdat dit in die saal is. Daar is ook maklike toegang tot parkering vir die gaste. Die diensverskaffers kan tot teenaan die saal ry sodat logistieke reëlings maklik kan geskied. Die Japie beskik oor ‘n sonkragstelsel en daar sal dus nie kragonderbrekings wees nie. Die lokaal kan tot 100 gaste akkommodeer. Dit is sentraal, veilig en toeganklik.
Die volgende is by die huur ingesluit:
Eksklusiewe gebruik van die lokaal gedurende voorgeskrewe ure
10 x hout tafels (8/10 sitplek)
80 x swart ergo resin stoele
Gebruik van kombuisarea
Skoonmaakdiens
Oop- en toesluit van lokaal
Die volgende is by die huur uitgesluit:
Breekware
Eetgerei
Kelners & kroegmanne
Tafeldoeke
Servette
Glase
Addisionele dekor / Fairy Lights
Kroegtoerusting
Hout en enige braaitoerusting
VOORWAARDES & TERMES
Lokaal is beskikbaar vir opstel vanaf die oggend van funksie, tensy anders gereël.
Lokaal sluit stiptelik om 24:00.
Alle eie dekor moet direk na funksie verwyder word.
Ingehuurde dekor items van bv. Best Events word die Maandag na die funksie opgetel.
GEEN rokery in lokaal nie – slegs buite op stoepe.
GEEN kerse word direk op tafels geplaas nie.
GEEN gekleurde “crinkle cut” papier op tafels nie- kan tafels vlek.
GEEN spykers of wondergom teen enige oppervlak nie. Ook nie drukspykers nie.
Alle breekgoed, messegoed en glase moet teen die Maandag, indien verhuring oor ‘n naweek plaasvind en die volgende dag indien verhuring in die week plaasvind, verwyder wees.
DRANKLISENSIE:
Geliewe daarop te let dat die perseel nie`n dranklisensie het nie, aangesien dit op skoolgronde is. In die afwesigheid van ‘n dranklisensie, mag daar gevolglik nie enige alkohol tydens funksies verkoop nie, maar is u welkom om u eie alkohol te bring.
Indien u wel alkohol wil verkoop, sal daar vir u funksie vir `n geleentheidslisensie aansoek gedoen moet word. In hierdie verband kontak asseblief vir Vian Bester by 084 5888 303. Let asseblief daarop dat enige aansoek vir ‘n geleentheidslisensie minstens 39 dae voor die geleentheid waarvoor aansoek gedoen word, ingedien word. Die kostes verbonde aan ‘n geleentheidslisensie sal vir die huurder se eie rekening wees.
J O H A N N A
Die Johanna is ‘n pragtige ruimte met ‘n ten volle toegeruste kombuis. Die perfekte venue vir informele partytjies en konferensies. Die badkamers is by die saal vir u gerief. Daar is ook ‘n rolstoelvriendelike badkamer. Diensverskaffers kan tot by die saal ry om logistieke reëlings te vergemaklik. Die Johanna beskik oor ‘n sonkragstelsel en daar sal dus nie kragonderbrekings wees nie.
Die volgende is by die huur ingesluit:
Eksklusiewe gebruik van die lokaal gedurende voorgeskrewe ure
Staaltafels (8/10 sitplek)
60 x swart saalstoele
Gebruik van kombuisarea
Skoonmaakdiens
Oop- en toesluit van lokaal
Die volgende is by die huur uitgesluit:
Breekware
Eetgerei
Kelners & kroegmanne
Tafeldoeke
Servette
Glase
Addisionele dekor / Fairy Lights
Kroegtoerusting
Hout en enige braaitoerusting
Diensverskaffers
Alhoewel Die Japie en Johanna u nie beperk tot 'n diensverskafferlys nie, het ons 'n lys van ons gunsteling bedryfsvennote saamgestel. Hier is 'n paar van die talentvolle diensverskaffers wat ons aanbeveel.
Spyseniering
Ons verkies dat van die volgende spyseniers gebruik gemaak word:
Leonora Van Tonder: Spicy Apples (072 775 7975)
Muriel Visser: Muriel & Marinda Catering (083 667 7892)
Dalene Teitge: Sweet & Savory (060 894 299)
Thelma du Plessis: Eetgery (082 641 1012)
Na afloop van enige funksie sal daar ‘n deeglike kombuisinspeksie gedoen word.
DJ en klank
Audio Vibe
Fotograwe
Robyn van Zyl
Haarkappers
Anne-Mart Strydom
Grimering en naels
Jonetha Theron
Akkommodasie
Cumberland Hotel
The Prime Spot
Vervoer
Woeber
Kontak gerus vir Charmaine Carstens by 023 347 0453 / selnommer 082 908 6640 of stuur ‘n
e-pos na [email protected] vir enige verdere navrae.