10/09/2026
Jubel Kuierfees het Die Begrafnisrede op die verhoog gebring, 4 September 2026. Om die produksie op te som - lag, vermaak en besef elke mense in sy lewenspaadjie het sy eie verwagting.
Wynand van Vollenstee as kunstenaar het nie net grappe en vermaak nie, blykbaar kan die man ook sing! En hy mag maar! Sy Pelgrimslied het die gehoor se harte bekoor!
Die Begrafnisrede vat elkeen van ons in mense se mileu soos jy nooit ged**k het nie. So maklik "judge ons die boek met sy cover" en vergeet elke persoon het sy eie lewenspad met wêreldse verwagting, en gedagtes oor dood en lewe.
Mens bly mens, begrafnis hou is deel daarvan, die pad wat jy stap gaan eendag stop met dood. Die begrafnis rede het ons Jubel Kuierfees gehoor net weer herhinder, waardeer elke oomblink, jou mense om jou, bly jou hart, selfs na die dood!