14/02/2026
Hier by Vreugde Gasteplaas het daar vroegoggend ’n pragtige, vol reënboog gehang — só helder dat jy kon sien waar hy eindig.
Dit was vir my ’n wonderlike oomblik… ’n herinnering dat ons Skepper nog altyd in beheer is, en dat Hy Sy skepping elke dag dra en onderhou.
Die Bybel leer ons dat Jesus nie net ons Verlosser is nie, maar ook die Een deur wie alles gemaak is — en deur wie alles steeds bestaan en in stand gehou word.
Vandag het hierdie waarheid vir my weer lewendig geword.
Ná die reën kom die reënboog. Ná die wolke, lig.
God is getrou. Sy beloftes staan vas.