Victoria-Wes Wildsfees & Duiwe Fly-inn

Victoria-Wes Wildsfees & Duiwe Fly-inn Victoria-Wes, gaan jaarliks weer sy dansklere aantrek en ‘n Wildsfees aanbied, wat oud en jonk se tone gaan laat omkrul van die lekkerte!

Die Victoria Wes Wildsfees en Duiwe Fly-Inn is ’n familiefees wat besoekers van regoor Suid-Afrika lok, ons hoofdoel is om ‘n opbouende bydrae tot ons bree gemeenskap te lewer en so ‘n verskil in verdienstelike mense en instansie se lewe en bestaan te maak. Kom geniet die fees saam met ons en help so om ‘n verskil te maak.

Die aftel na die 10de Victoria-Wes Wildsfees & Duiwe Fly-Inn op 26 & 27 Junie 2026 het amptelik begin! Om hierdie groot ...
03/06/2026

Die aftel na die 10de Victoria-Wes Wildsfees & Duiwe Fly-Inn op 26 & 27 Junie 2026 het amptelik begin! Om hierdie groot mylpaal te vier, het ons hierdie eksklusiewe, beperkte uitgawe Wildsfees-hoodies ontwerp!

Hierdie is nie sommer net enige tops nie. Dit is ’n unieke kledingstuk wat die siel van die Karoo vasvang met die ikoniese springbok-en-duiwe-ontwerp en feeslogo. Perfek vir die koue wintersdae op die feesterrein én lank daarna rondom die braaivleisvuur.

⚠️ MAAR JOU TYD IS MIN!
Hierdie unieke “merch” is SLEGS BESKIKBAAR TOT 12 JUNIE! Daarna sluit die bestellings onherroeplik sodat almal hul hoodies betyds vir die fees kan kry. Moenie uitmis nie!

Groottes: Unisex Small tot 5XL (daar is ’n perfekte pasvorm vir almal).
Hoe om te koop: Dit is vinnig en maklik. Besoek ons webtuiste en bestel joune vandag nog aanlyn!

👉 Bestel NOU aanlyn by: www.vicweswildsfees.co.za
Of kontak vir Nel-Marie Calldo: 0726374397

Kry joune vandag en wees deel van die tradisie!

30/05/2026

🎉 Maak gereed vir ‘n onvergeetbare naweek by ! 🎶🔥
📅 26 Junie 2026
📍 Plek: Victoria-Wes
🎤 Live Optrede deur Wikus Botma

Don’t miss out on the ultimate wildsfees experience—music, fun, and wild vibes! 🎊

🎉 Victoria Wes Wildsfees 2026 Voorlopige Program! 🎉Merk julle kalenders vir 26 & 27 Junie en sluit by ons aan vir ‘n onv...
29/05/2026

🎉 Victoria Wes Wildsfees 2026 Voorlopige Program! 🎉

Merk julle kalenders vir 26 & 27 Junie en sluit by ons aan vir ‘n onvergeetlike naweek van pret, kultuur en vermaak by die Victoria-Wes Wildsfees! 🎶🍻

Van lewendige musiek en heerlike kos tot opwindende aktiwiteite vir die hele gesin, hierdie is een geleentheid wat jy nie wil misloop nie!

📅 Hierdie is n voorlopige program. Veranderinge kan nog aangebring word. Bly ingeskakel vir al die besonderhede.

Is jy tussen Gr. R en Gr. 9 en wil ook deelneem by hierdie jaar se wildsfees? Skryf nou in vir die koekedoortjie kompeti...
29/05/2026

Is jy tussen Gr. R en Gr. 9 en wil ook deelneem by hierdie jaar se wildsfees? Skryf nou in vir die koekedoortjie kompetisie! Inskrywings noodsaaklik voor 26 Junie by [email protected]

Koek, alle dekoratiewe benodighede om koek te versier en verpakking word voorsien.

Beoordeling & Koste:
Voorskool (R40) - versier ń kwart koek
GR. R- 3 (R40) - versier ‘n kwart koek
GR. 4-5 (R70) - versier ‘n enkellaagkoek
GR. 6-9 (R70) - versier ‘n enkellaagkoek

KONTAK:
Jo-Marie- 074 722 5844
Petro- 084 963 8606
[email protected]

Besoek ons webtuiste om te bespreek of gebruik die link:
https://form.jotform.com/221373243106041

23/05/2026

Maak seker julle dagboeke is gemerk vir 26 & 27 Junie 2026 vir die Victoria-Wes Wildsfees & Duiwe Fly-Inn! 🎤✨ Veldblom kom kuier saam met ons.

Hier is wat julle kan verwag:

Heerlike kosstalletjies 🍲

Fantastiese kunstenaars 🎶

En die GROOTSTE bederf... ons gaan vir die heel eerste keer ons splinternuwe song vir julle sing! 💥

Kry julle kaartjies betyds voor dit uitverkoop! Sien julle binnekort! 😉👇

📧 Vir meer inligting, besoek ons webtuiste: www.vicweswildsfees.co.za

🎉 Kry Jouself Reg vir Victoria Wes Wildsfees! 🎉💰 Toegangsfooie:👶 Kinders onder 6: VERNIET!📅 Datum: 26 & 27 Junie 2026📍 P...
21/05/2026

🎉 Kry Jouself Reg vir Victoria Wes Wildsfees! 🎉

💰 Toegangsfooie:
👶 Kinders onder 6: VERNIET!

📅 Datum: 26 & 27 Junie 2026
📍 Plek: Victoria-Wes Skougronde

🎶🎡 Kos, musiek, biertuin & lekker kompetisies wag vir jou! Moenie uitmis nie — teken nou die datum aan! 🎟️

WEN GROOT! by Victoria-Wes Wildsfees & Duiwe Fly-Inn! 🏆Koop nou ‘n lootjie en ‘n staan ‘n kans om een van 5 pakkette te ...
20/05/2026

WEN GROOT! by Victoria-Wes Wildsfees & Duiwe Fly-Inn! 🏆

Koop nou ‘n lootjie en ‘n staan ‘n kans om een van 5 pakkette te wen!

Pakket 1, 2 en 3 sluit 2 nagte selfsorg akkommodasie en dagfooie vir 1 dag vir 4 persone in.

Pakket 4 is nie ‘n jagpakkette nie – verwerkte vleis word voorsien. Pakket 5 kan gebruik word enige tyd buite 10 Desember 2026 en 10 Januarie 2027. Geldig tot einde April 2027.

Trekking geskied Saterdag, 27 Junie 2026 by Victoria-Wes Wildsfees.

Pakkette is geldig vir 3 maande na trekking en die pakkette is nie oordraagbaar nie.

Alle fondse gaan na die KVB Gemeenskapsfonds Trust wat verdienstelike, behoeftige organisasies in Victoria-Wes bystaan.

KOOP HIER: https://vicweswildsfees.co.za/product/jagpakket-lootjies/ (LINK IN BIO)

Sê dankie vir al die harde werk! 🌟 Bederf jou huishulp met ‘n waardevolle en leersame Huishulp Kursus saam met die beken...
19/05/2026

Sê dankie vir al die harde werk! 🌟 Bederf jou huishulp met ‘n waardevolle en leersame Huishulp Kursus saam met die bekende Annelien Pienaar by die Victoria-Wes Wildsfees. ☕🍰

Hierdie is die perfekte geleentheid om haar op te skerp met praktiese kombuisraad terwyl sy lekker saam kuier!

📅 Datum: Vrydag, 26 Junie 2026
⏰ Tyd: 14h00-16h00
📍 Plek: Skougronde
💰 Koste: Slegs R100 (Sluit koek en tee in! 🍰☕)
Toegang ingesluit

Wat sy gaan leer en ontvang:
* Opleiding in kombuishigiëne en die korrekte stoor van kos 🧼🍏
* Praktiese maaltydbeplanningsraad 📅
* ‘n Heerlike resep om dadelik te probeer! 🍳

Plekke is beperk vir hierdie spesiale bederf-sessie, so bespreek sommer nou!
🌐 https://vicweswildsfees.co.za/product/huishulp-kursus/

Is jy gereed om te leer hoe om wildsvleis soos ‘n ware sjef in jou eie kombuis te omskep? 🥩✨Sluit aan by die fantastiese...
18/05/2026

Is jy gereed om te leer hoe om wildsvleis soos ‘n ware sjef in jou eie kombuis te omskep? 🥩✨

Sluit aan by die fantastiese Annelien Pienaar vir die amptelike Oggendprogram: “Wildsvleis in die Huis” by vanjaar se Victoria-Wes Wildsfees! Dit gaan ’n oggend propvol inspirasie, koskennis en pure Karoo-gasvryheid wees.

📅 Datum: Saterdag, 27 Junie 2026
⏰ Tyd: 10h00
📍 Plek: SPAR Steakhouse
💰 Koste: R350 per persoon
Wat jou kaartjie insluit (En dis BAIE!):
* Karoo fine dining demonstrasie 🍽️
* Toegang vir die hele dag na die feesgronde 🎟️
* ‘n Heerlike ligte ete 🥗
* ‘n Eksklusiewe wynproe met Van Loveren 🍷
• Gelukkige trekkings met wonderlike pryse 🎁

Moenie hierdie hoogtepunt misloop nie – kaartjies gaan vinnig vlieg!
🎟️ Bespreek NOU aanlyn: https://vicweswildsfees.co.za/product/oggendprogram/

Daar gaan lekker kos wees by die Wildsfees!Die GBG Pannekoek Kombuis sal oop wees:Vrydag vanaf 15:00Saterdag vanaf 10:00...
17/05/2026

Daar gaan lekker kos wees by die Wildsfees!

Die GBG Pannekoek Kombuis sal oop wees:
Vrydag vanaf 15:00
Saterdag vanaf 10:00

‘n Groot verskeidenheid drinkgoed sal by die kroeg te koop wees.

*Geen alkohol sal verkoop word aan persone onder 18 nie.

Vir meer inligting oor die wildsfees, besoek ons webtuiste: www.vicweswildsfees.co.za

Address

Victoria West Showgrounds
Victoria West
7070

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Victoria-Wes Wildsfees & Duiwe Fly-inn posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Victoria-Wes Wildsfees & Duiwe Fly-inn:

Share

Category