Die Ou Huis

Die Ou Huis Die Ou Huis beskik oor or twee verskillende onthaal areas wat 'n heerlike plaas atmosfeer skep met die wingerd wat grens aan ons stoep en natuurskoon.

Onthaal areas kan van 'n klein intieme funksie tot 'n troue van 250 gaste akkomodeer.

GENADEKom beleef saam met ons ’n besondere vrouekonferensie aangebied deur Lourentia de K**k by Die Ou Huis, waar ons de...
28/05/2026

GENADE

Kom beleef saam met ons ’n besondere vrouekonferensie aangebied deur Lourentia de K**k by Die Ou Huis, waar ons deur die verhaal van Rut stap — ’n verhaal van God se voorsiening, liefde en herstel.

Wat kan jy verwag?
- Inspirerende leringe uit die boek van Rut
- Tye van aanbidding en bediening
- Heerlike kuiergeleenthede oor tee en koffie
- 'n Sagte, veilige ruimte vir vroue om net weer asem te haal
- Bediening en geestelike verdieping

Daar is nog plek beskikbaar. Vir meer inligting kontak asb vir:
Nastassja | 060 7459 618

25/05/2026
Sy was nederig, hardwerkend en lojaal.’n Vrou met sagte hande, maar ’n sterk hart.Toe alles onseker geword het, het sy n...
21/05/2026

Sy was nederig,
hardwerkend en lojaal.’n
Vrou met sagte hande, maar
’n sterk hart.Toe alles
onseker geword het, het sy
nie weggevlug nie. Sy
het gebly. Sy het gedra.
Sy het aangehou glo.

Kom beleef Die Boek van Rut – ’n Reis van Geloof saam met Lourentia de K**k.

Vrouekonferensie
5 – 7 Junie 2026
R1550 pp
Die Ou Huis, Upington

Bespreek jou plek betyds – ons sien uit daarna om hierdie besondere naweek saam met jou te deel.

Vir meer inligting kontak asb vir:
Nastassja | 060 7459 618

20/05/2026

KLEINER FUNKSIES

By Die Ou Huis glo ons dat elke funksie, groot of klein, iets besonders verdien. Daarom bied ons nie net ruimte vir groot vieringe nie, maar verwelkom ons ook graag meer intieme geleenthede.

Of dit nou ‘n gesellige verjaarsdagviering, ‘n vriendinne-kuier of ‘n werksfunksie is – ons kleiner saal skep die perfekte atmosfeer vir die koeler maande wat voorlê.

Kom geniet die unieke karakter en sjarme van Die Ou Huis.

Bespreek jou volgende geleentheid by ons.
Betty vd Walt | 082 550 3800

HEMELVAARTHemelvaart herinner ons daaraan dat daar hoop is wat verder strek as wat ons kan sien.Dat geloof ons ligter la...
14/05/2026

HEMELVAART

Hemelvaart herinner ons daaraan dat daar hoop is wat verder strek as wat ons kan sien.

Dat geloof ons ligter laat leef, selfs in moeilike tye.

Mag hierdie dag vir jou vrede bring, nuwe moed gee en jou hart vul met dankbaarheid vir die mooi van bo.

RUT...Kom beleef Die Boek van Rut – ’n Reis van Geloof saam met Lourentia de K**k.Vrouekonferensie5 – 7 Junie 2026R1550 ...
12/05/2026

RUT...

Kom beleef Die Boek van Rut – ’n Reis van Geloof saam met Lourentia de K**k.

Vrouekonferensie
5 – 7 Junie 2026
R1550 pp
Die Ou Huis, Upington

Bespreek jou plek betyds – ons sien uit daarna om hierdie besondere naweek saam met jou te deel.

Vir meer inligting kontak asb vir:
Nastassja | 060 7459 618

VROUEKONFERENSIELourentia de K**k is vanjaar weer by Die Ou Huis met haar besonderse vrouekamp - hierdie keer met die te...
30/04/2026

VROUEKONFERENSIE

Lourentia de K**k is vanjaar weer by Die Ou Huis met haar besonderse vrouekamp - hierdie keer met die tema: Die boek van Rut.

Kom stap saam deur die verhaal van Rut - ’n reis van geloof, hoop en 'n nuwe begin.

Laat die rustigheid van Die Ou Huis jou omvou terwyl jy tyd maak vir jouself en vir God.

🗓 5–7 Junie 2026
📍 Die Ou Huis - Upington

Vir meer inligting kontak asb vir:
Nastassja | 060 7459 618

22/04/2026

Selfs die reën kon nie hierdie dag se vreugde stilmaak nie.

By die Ou Huis was daar net glimlagte, liefde en dankbaarheid terwyl die dag op sy eie besondere manier ontvou het. Die sagte, mooiste rose in dromerige kleure het perfek ingeskakel by die bewolkte, reënerige atmosfeer - asof alles net bestem was om so te wees.

'n Bewys dat selfs reën nie jou spesiale dag kan bederf wanneer liefde die middelpunt van alles is nie.

En hier in die Noordkaap is ons harte altyd bly wanneer Hemelwater op ons val.

Vir enige navrae kontak
Betty vd Walt
0825503800

Rozandré Augustyn
Jonelda V Heerden Fotografie

BEAUTY IN SIMPLICITYEenvoud laat dikwels die diepste indruk. Die Ou Huis was deurtrek met die mooiste proteas – ’n Stil,...
25/02/2026

BEAUTY IN SIMPLICITY

Eenvoud laat dikwels die diepste indruk. Die Ou Huis was deurtrek met die mooiste proteas – ’n Stil, mooi elegansie wat jou net laat asemhaal en glimlag. Wat 'n voorreg...

Corlia + Marco... mag julle liefde groei in elke seisoen en hierdie nuwe avontuur saam gevul wees met genade, diep liefde en baie mooi oomblikke.

Opsoek na n trou venue | Kontak ons gerus vir enige navrae
Betty | 082 550 3800
[email protected]

Address

Uap, Gedeelte 4. 15km Buite Upington Op Die Olifantshoekpad
Upington
8801

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Ou Huis posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share