Thabazimbi Landbou Skou

Thabazimbi Landbou Skou SKOU DATUM
30 & 31 Julie, 1 Augustus 2026
(1)

Onthou om 'n draai in die saal te maak vir 'n verskeidenheid unieke en interessante stalletjies by vanjaar se Thabazimbi...
03/06/2026

Onthou om 'n draai in die saal te maak vir 'n verskeidenheid unieke en interessante stalletjies by vanjaar se Thabazimbi Landbou en Nywerheid Skou!

Kom loer in vir egte silwer juwele, handgemaakte messe, draadwerkdiere en dekor, handgrafted whiskey & brandewyn, parfuum, custom prints en persoonlike geskenke.

Daar is iets vir elke smaak – perfek om jouself te bederf of daardie spesiale geskenk te vind!

πŸ—“ 31 Julie – 1 Augustus 2026
πŸ“ Thabazimbi Skougronde, Warmbadweg

Bring die hele gesin saam en geniet alles wat die skou te bied het!

2 MAANDE OM TE GAAN!Die aftelling het begin na die lekkerste skou van die jaar!Maak gereed vir drie dae propvol vermaak,...
30/05/2026

2 MAANDE OM TE GAAN!

Die aftelling het begin na die lekkerste skou van die jaar!

Maak gereed vir drie dae propvol vermaak, uitstallings, stalletjies, heerlike kos, kompetisies, familiepret en alles wat die Bosveld so uniek maak.

πŸ“… 30 Julie – 1 Augustus 2026
πŸ“ Thabazimbi, Limpopo

Bring jou familie en vriende, en kom beleef die gees van die Bosveld saam met ons.

πŸŒ­πŸ”πŸŸ Hier is net ’n voorsmakie van die heerlike kosstalletjies wat julle vanjaar by die Thabazimbi Landbou en Nywerheid S...
28/05/2026

πŸŒ­πŸ”πŸŸ Hier is net ’n voorsmakie van die heerlike kosstalletjies wat julle vanjaar by die Thabazimbi Landbou en Nywerheid Skou kan verwag!

Van soet lekkernye tot hartige gunstelinge – daar gaan iets wees om elke lus te bevredig.

Bring die hele familie saam en kom geniet die geure, gees en geselligheid van die Bosveld se lekkerste skou!

πŸ‘‘ IS JY DIE VOLGENDE MNR OF MEJ THABAZIMBI? πŸ‘‘Die betowerende Mnr & Mej Thabazimbi 2026 is opsoek na selfversekerde, dina...
27/05/2026

πŸ‘‘ IS JY DIE VOLGENDE MNR OF MEJ THABAZIMBI? πŸ‘‘

Die betowerende Mnr & Mej Thabazimbi 2026 is opsoek na selfversekerde, dinamiese jongmense wat gereed is om die verhoog te verower by die Thabazimbi Landbou Skou!

Met vanjaar se tema "Enchanted Forest", wag daar 'n onvergeetlike ervaring vol g***s, nuwe vriendskappe, selfvertroue en ongelooflike herinneringe.

πŸ“… 1 Augustus 2026 | 16:00 |
πŸ’° Inskrywingsfooi: R300
πŸ§šβ€β™€οΈ Tema: Enchanted Forest

Jy hoef nie 'n professionele model te wees nie – ons soek persoonlikheid, selfvertroue en die moed om jou unieke lig te laat skyn. Of jy nou droom van die loopplank of net jou selfvertroue wil bou, hierdie kompetisie is vir jou!

Waag die kans. Neem die uitdaging aan. Laat jou naam tel!

πŸ“ Skryf hier in: [Inskrywingsvorm](https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSdzqeJhAgHMgX57pkD0PGdtOxYvcb93hefXQtBkbe0WMsRNmA/viewform?utm_source=chatgpt.com)

πŸ“ž Navrae: 064 553 1810 / 072 066 1923

πŸ‘‘βœ¨

Is jou kleinding gereed om die harte te steel?Skryf nou in vir die Thabazimbi Landbou & Nywerheid Skou se gewilde Baba &...
27/05/2026

Is jou kleinding gereed om die harte te steel?

Skryf nou in vir die Thabazimbi Landbou & Nywerheid Skou se gewilde Baba & Kleuter Foto-kompetisie en laat professionele foto's neem met ons spesiale "Enchanted Forest" tema!

πŸ“Έ Foto's word op die volgende Saterdae tussen 09:00 - 11:00 by Medhof Apteek in Thabazimbi geneem.
13 Junie & 27 Junie

πŸ’° Inskrywingsfooi: R200 per deelnemer

Moenie uitmis nie!

Skep kosbare herinneringe, geniet die pret en gee jou kleinding die kans om te skitter by hierdie jaar se Thabazimbi Skou.

Kom leef jou lekkerste plattelandse lewe uit by die Thabazimbi Landbou Skou – drie dae van aksie, smullekker kos, kinder...
13/05/2026

Kom leef jou lekkerste plattelandse lewe uit by die Thabazimbi Landbou Skou – drie dae van aksie, smullekker kos, kindervermaak, kultuur, kompetisies en kraakvars kuier onder die sterre!

Van plaas-, handels- en nywerheid-uitstallings tot stalletjies vol lekkernye, handgemaakte produkte en plaasvars kos – daar is iets vir almal.

Geniet ’n lekker biertuin, hope kinderpret en opwindende kompetisies soos Poeding-in-’n-potjie, die Rissie-eet uitdaging, Bokdrol-spoeg kompetisie en die Mnr. & Mej. Thabazimbi modelkompetisie.

🎀 Saans op die verhoog wag topklas vermaak met Tamlyn Wessels, Ricus Nel, Demi-Lee Moore en Francois van Coke – alles in ’n feestelike atmosfeer onder die Bosveldsterre!

🎟️ Kaartjies:
Donderdag – R110
Vrydag – R130
Saterdag – R160
Naweekpas – R350
Laerskoolkinders & pensioenarisse – R60

Verblyf nodig?
Laat Discover Thabazimbi jou help met die beste akkommodasie in en om Thabazimbi.

πŸ“ž 079 493 4599
πŸ“§ [email protected]

Moet dit nie misloop nie!

🐐πŸ’₯ BOKDROL SPOEG KOMPETISIE! πŸ’₯🐐D**k jy jy het die beste mik Γ©n die sterkste blaas? Dan is hierdie kompetisie net vir jou...
06/05/2026

🐐πŸ’₯ BOKDROL SPOEG KOMPETISIE! πŸ’₯🐐

D**k jy jy het die beste mik Γ©n die sterkste blaas?

Dan is hierdie kompetisie net vir jou!

Kom neem deel aan die Bokdrol Spoeg Kompetisie by vanjaar se Thabazimbi Landbou & Nywerheid Skou en wys vir almal hoe ver jy kan spoeg!

Registreer 1 Aug 2026 in die biertent.

Lekker pryse op die spel.

Moenie dit misloop nie!

Tag daai vriend wat altyd sΓͺ hy’s die kampioen van vreemde kompetisies!

Poeding in ’n Potjie 🍰πŸ”₯Is jy ’n bobaas kok wat ’n heerlike soet nagereg in ’n swart potjie kan maak?Bring jou beste rese...
05/05/2026

Poeding in ’n Potjie 🍰πŸ”₯

Is jy ’n bobaas kok wat ’n heerlike soet nagereg in ’n swart potjie kan maak?

Bring jou beste resep, wys jou kookvernuf en verras die beoordelaars met ’n poeding wat hulle nie sal vergeet nie!

Skryf nou in en staan ’n kans om lekker pryse te wen by hierdie jaar se Thabazimbi Landbou en Nywerheid Skou.

🌐 www.thabazimbiskou.co.za
πŸ“ž 072 066 1923

Tag jou vriende wat altyd die nageregtafel wen!

Het jy ’n tawwe tong wat brand kΓ‘n vat? 🌢πŸ”₯Ons is dan opsoek na jou!Kom neem deel aan die chilli eet kompetisie by vanjaa...
05/05/2026

Het jy ’n tawwe tong wat brand kΓ‘n vat? 🌢πŸ”₯
Ons is dan opsoek na jou!

Kom neem deel aan die chilli eet kompetisie by vanjaar se Thabazimbi Landbou & Nywerheid Skou.

πŸ“ Registreer: 1 Aug 2026 in die biertent

Tag jou vriende wat nie ’n sissie vir ’n rissie is nie! πŸ˜„πŸŒΆ

29/04/2026

Address

Warmbadweg Skougronde
Thabazimbi
0387

Opening Hours

Monday 08:00 - 15:00
Tuesday 08:00 - 15:00
Wednesday 08:00 - 15:00
Thursday 08:00 - 15:00
Friday 08:00 - 13:00

Telephone

+27871511837

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Thabazimbi Landbou Skou posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Thabazimbi Landbou Skou:

Share

Category