16/09/2026
🎭 DIE FINALISTE VIR ‘THE PERFECT PITCH’ IS HIER!
• Alice in Pondoland
• Die deurnagtrein van slaapwaens
• Khomani & Euridika: Die lied onder die koperstof
• Sodom en Cremora
• Sout
• Spat
• Yerma
• Whale Fall
Agt konsepte vir teaterproduksies. Een groot prys: R1 miljoen in ontwikkelingsfinansiering.
Die paneel: Saartjie Botha, Pieter Toerien, Carel Nolte, Cornelia Faasen en ander.
Verwag skerp vrae, reguit terugvoering en ’n aand wat teater deur die are laat bruis.
Stem vir die voorlegging wat jou die meeste bekoor en help bepaal die gehoorgunsteling.
In samewerking met EasyEquities.
📍 Adam Small Auditorium
📅 8 Oktober | 19:30
🎟️ Kry jou kaartjies by Quicket.