Die Groot Plaasproe

Die Groot Plaasproe Kom ervaar alles wat die plaaslewe bied - van bok tot bier! Weens Covid-19 kan geen datums tans bevestig word nie.

Come and experience everything that farm life has to offer - from goat to beer! Due to Covid-19, no dates can currently be confirmed.

Address

Sandringham
Stellenbosch
7600

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Groot Plaasproe posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category

Agri-Expo Livestock en die Groot Plaasproe vanjaar virtueel

Die sewende jaarlikse Agri-Expo Livestock en die Groot Plaasproe sal vanjaar virtueel aangebied word. Die Suid-Afrikaanse veebedryf sou vanjaar van Donderdag 8 tot Sondag 11 Oktober 2020 op Sandringham buite Stellenbosch saamtrek vir dié geleentheid, maar nou sal hulle dit enige plek in die land aanlyn kan bywoon.

In die lig van die huidige ekonomiese klimaat, onsekerhede oor die hervatting van geleenthede en veral die impak wat die koronavirus-pandemie nog lank op maatskappye sal hê, het Agri-Expo besluit om alle beplande geleenthede vir 2020 virtueel aan te bied. Só sê Johan Ehlers, Hoof Uitvoerende Beampte van dié landbougenootskap.

“Ons het ’n verantwoordelikheid teenoor ons vertoners, uitstallers, vennote en die publiek om nie by te dra tot verdere onsekerhede nie en daarom kondig ons hierdie besluit vroegtydig aan,” sê Ehlers. “Ná die sukses van Agri-Expo se eerste virtuele aanbieding van die Suid-Afrikaanse Kaasfees van 25 tot 27 April 2020 glo ons dat ons vanjaar wel baie waarde kan toevoeg deur nóg nuwe virtuele platforms aan entrepreneurs, besighede en landbou-organisasies soos telersgenootskappe te bied.”

Volgens Ehlers beplan Agri-Expo ’n opwindende drie dae lange virtuele byeenkoms van Vrydag 9 tot Sondag 11 Oktober 2020 met hope inligting en vermaak. “Die doel van Livestock is om vir Suid-Afrika se toptelers ‘n wêreldstandaard platform te gee om hul diere te skou en die rasse te bemark, maar ook om die jeug te betrek by verskillende fasette van die landbousektor. Opleiding en kennis-oordrag vorm ‘n integrale deel van die ekspo, wat virtueel ook ‘n groot impak kan hê.”