12/09/2025
Gisteraand toe die nuus my bereik het, het iets in my gebreek. Charlie Kirk is doodgeskiet. Nie in ’n droom nie, maar in die harde werklikheid van ’n gewelddadige einde.
Ek sit hier met my hart swaar en in verwarring. Om te besef dat dit alles so vinnig kan eindig? Charlie se stem sal nie meer deur die radio kom nie. Sy planne, sy drome, sy beloftes, dit alles lê nou stil.
Maar as ek d**k aan Charlie se dood, kom daar ’n nog dieper waarheid na vore. Ons lewe is nie ons eie nie. Elke asem, elke tree, elke woord, alles is ’n gawe van God. En vir almal van ons kom daardie oomblik, die einde van die pad, wanneer daar nie talle jare oorbly nie, nie jare om reg te maak nie.
Ek wil jou herinner, dit help niks om jou sake met ander mense reg te maak as jou saak met God nie in orde is nie. Het jy hoop op God se genade, nie net op jou eie krag of jou goeie dade nie?
Charlie het nie meer hierdie wêreld nie. Sy familie, sy vriende is gebreek agtergelaat. Maar sy verhouding met God? Dit is iets wat niemand anders kan verander nie. Mag sy verhouding met God vir ons rus bring dat God vir hom sê, “Mooi so, goeie en getroue dienskneg.”. Dis alleenlik ’n saak tussen jou en jou Skepper.
Laat hierdie hartseer ons herinner dat ons almal op ’n reis is wat eindig in dood. Maar daar is ’n hoop wat die dood oortref. Hoekom Jesus gekruisig is, vir wie Hy opgestaan het en vir wie belowe is dat elkeen wat Hom aanneem, lewe sal ontvang. Daardie belofte is vir jou, vir my, vir almal wat in Hom glo.
Moenie wag totdat dit te laat is nie. Wag nie tot ’n skoot, ’n hartaanval, ’n onverwagse einde jou tref nie. Maak nou jou saak met God reg. Bekeer, hê Geloof met Genade en Liefde.
Moenie net ’n gesig op Facebook wees wat rou oor ’n slagoffer nie. Wees iemand wat jou eie siel versorg, sodat as jou uur kom, jy kan staan met vrede. Omdat jy geweet het waarheen jy gaan. Omdat jy geweet het dat jy reg is voor Hom.
Mag jou hart sag wees. Mag jou siel rus vind. In Sy teenwoordigheid, in Sy liefde en in Sy vergifnis.
🤍🤍🤍