Hartklopfees

Hartklopfees Harties NG se Hartklopfees in Hartbeespoort bied 'n intieme, gesellige kuier-atmosfeer. Hier is iets vir elkeen - KOM LOER IN!!
(2)

Unieke uitgesoekte produkte word uitgestal, 'n teetuin met besondere gebak en heerlike wegneemetes word te koop aangebied. Die huidige ure aangedui, is slegs vir navrae voordat die mark begin.

Wat is op almal se lippe??πŸ’›βœˆοΈπŸ’œ
31/08/2026

Wat is op almal se lippe??πŸ’›βœˆοΈπŸ’œ

❀️ Dis amper tyd vir die HARTKLOPFEES! πŸŽ‰Die wag is verby… hier is julle Hartklopfees-program! πŸ₯³Maak jou kalender reg, kr...
30/08/2026

❀️ Dis amper tyd vir die HARTKLOPFEES! πŸŽ‰

Die wag is verby… hier is julle Hartklopfees-program! πŸ₯³

Maak jou kalender reg, kry jou mense bymekaar en maak seker jy mis GEEN oomblik van die pret nie! 🎢✨
Van lekker musiek en heerlike kos tot hope vermaak, lag, kuier en daardie spesiale
Hartklopfees-atmosfeer – daar is iets vir oud Γ©n jonk! ❀️

πŸ“… Hou die program byderhand en beplan jou dag sodat jy alles kan geniet wat Hartklopfees bied!

Bring jou familie, bring jou vriende, bring jou beste energie…
want by die Hartklopfees klop die hart ’n bietjie harder! ❀️πŸ”₯

Ons kan nie wag om saam met JOU fees te vier nie! πŸ₯³

29/08/2026

En die VERRASSING iiiisss.....

Ons word ook Saterdag 5 Sep vermaak deur die uitsonderlike CAITLYN MARAIS..πŸ‘πŸ»πŸ‘πŸ»πŸ‘πŸ»

πŸ•10:00-12:00πŸ•

Moet dit nie misloop nie!!

27/08/2026
27/08/2026

πŸ“… MERK JOU KALENDER: 'N FEES VIR DIE HELE GESIN! πŸ‘¨β€πŸ‘©β€πŸ‘§β€πŸ‘¦
​Die Hartklopfees bring vir jou 'n onvergeetlike langnaweek propvol pret! Bring die hele gesin vir musiek, lekker kos en hope aktiwiteite.
​Vanaf Woensdag 2 September tot Saterdag 5 September kan julle uitsien na:
πŸ‘Ά Hartediefie Babakompetisie
πŸƒβ€β™€οΈ Pretdraf
πŸ” Verskeie kostrokkies en 'n teetuin
🎈 Kindervermaak
πŸ›οΈ Uitgesoekte uitstallers, 'n veiling en 'n thrift store
🚜 Boeremark
πŸ‰ Big screen Rugby vir die ondersteuners!
​En natuurlik is daar gratis vermaak vir almal, met optredes deur Elvis Blue, Net 4, Audience for 1, en Die Jakkie Louw Band!
​Sien julle daar!
β€‹πŸ“ Maraisstraat 30, Schoemansville, Hartbeespoort.
​

Hier is dit nou...➑➑Alles wat jy moet weet van die HaRtKlOpFeEs..Hoe lank nog?? Nog net 7 slapies...
26/08/2026

Hier is dit nou...

➑➑Alles wat jy moet weet van die HaRtKlOpFeEs..

Hoe lank nog?? Nog net 7 slapies...

25/08/2026

πŸ₯πŸ‡«πŸ‡· Bonjour, ontbyt-liefhebbers! πŸ‡«πŸ‡·πŸ₯
Kom begin jou Hartklopfees-dag op die lekkerste Franse manier! πŸ˜‹β˜•οΈ

Ons Franse Ontbyt wag vir jou β€” goudbruin, heerlik en met daardie bietjie Franse flair wat selfs ’n gewone ontbyt laat voel soos ’n vakansie in Frankryk! πŸ‡«πŸ‡·β€οΈ

Bring die hele gesin, kom kuier saam en geniet ’n heerlike ontbyt voordat jy die res van die Hartklopfees ontdek. πŸŽ‰

Kom vir die French Toast… bly vir die fees! πŸ˜‰

πŸ“ Hartklopfees
πŸ₯ Franse Ontbyt
β˜•οΈ Heerlike kos & lekker kuier
❀️ HIER WIL JY WEES!

24/08/2026

πŸƒβ€β™€οΈπŸƒβ€β™‚οΈ 5KM PRETDRaf – KOM LOOP SAAM! πŸŽ‰

Is jy ’n ernstige atleet? Perfek!😎
Is jy glad nie ’n ernstige atleet nie? Nog beter..πŸ˜‚
Kom neem deel aan ons 5 km Pretdraf by die Hartklopfees!

Of jy nou hardloop, draf, stap, slenter of net baie vinnig begin en daarna β€œstrategies stadig” beweeg β€” almal is welkom!πŸƒβ€β™‚οΈπŸšΆβ€β™€οΈ

Bring jou familie, jou vriende, jou kinders en daardie een persoon wat altyd sΓͺ: β€œEk begin Maandag oefen!β€πŸ˜œ

Die doel is eenvoudig:
πŸ‘‰ Begin.
πŸ‘‰ Hou aan beweeg.
πŸ‘‰ Maak dit klaar.
πŸ‘‰ En geniet daarna die fees sonder skuldgevoelens oor daardie ekstra ietsie by die kosstalletjies!πŸ˜‚πŸ”

Kom kry jou hart aan die klop, jou bene aan die beweeg en jou lagspiere aan die werk!

πŸ’š 5KM PRETDRAF by die HARTKLOPFEES – hier hoef jy nie eerste te kom om ’n wenner te wees nie!πŸ…

πŸ‰πŸ‡ΏπŸ‡¦ BOKKE vs ALL BLACKS by die HARTKLOPFEES! πŸ‡ΏπŸ‡¦πŸ‰Hier is nou iets vir elkeen in die gesin!πŸ˜„πŸ‰Manne: Trek in by die β€œMoeg-G...
24/08/2026

πŸ‰πŸ‡ΏπŸ‡¦ BOKKE vs ALL BLACKS by die HARTKLOPFEES! πŸ‡ΏπŸ‡¦πŸ‰

Hier is nou iets vir elkeen in die gesin!πŸ˜„

πŸ‰Manne: Trek in by die β€œMoeg-Gewag-Hoekie” en geniet die Bokke vs All Blacks game saam met ander rugbygeesdriftiges! Skree, sug, vier fees en gee sommer jou eie kommentaar vir die skeidsregterπŸ˜‰

πŸ›οΈDames: Terwyl die manne ernstig besig is om die land se rugbytoekoms te bespreek, kan julle rustig deur die stalletjies snuffel, koop en kuier! Wie weet watter skatte wag daar?🀩

🎈Kinders: Julle is ook WELKOM! Gaan geniet al die speletjies by die kinderarea met hope pret en vermaak β€” veilig uit Ma en Pa se hare... en hopelik uit die pad wanneer die Bokke druk!πŸ˜‚

So bring die hele familie, trek jou groen en goud aan en kom geniet die rugby, die mark, die kos en die feesatmosfeer by Hartklopfees!πŸ’šπŸ’›

Want by Hartklopfees hoef niemand te compromise nie β€” ALMAL WEN!πŸ˜‰

22/08/2026

Need I say more..

Harties NG HARTKLOPFEES

Address

27 Marais Street
Schoemansville
0216

Opening Hours

Monday 10:00 - 19:00
Tuesday 10:00 - 19:00
Wednesday 10:00 - 19:00
Thursday 10:00 - 19:00
Friday 10:00 - 19:00
Saturday 09:00 - 15:00

Telephone

+27796533357

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hartklopfees posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Hartklopfees:

Shortcuts

Share

Category