Waar anders gaan jy Demi Lee Moore , Gary Forwood , Manie Jackson en Liam Meredith bymekaar te sien kry ?
���������
Die mooiste Kinderlandgoed kompleet met Hansie & Grietjie se lekkergoed huisie en ‘n pretpark . Hy is weer beskikbaar in die teetuin.En wanneer laas het jy struifkoek geeët ? Gaan loer gerus in by die nagereg kliphuis in die Markplein . Heerlike spitbraai wanneer Gary Forwood op die
verhoog is , en ‘n bederf oggend vir die Senior burgers saam met Manie Jackson . Dit alles saam met sprokies karakters en duidende Liggies
�����������
Dan mag jy nie die binnehuise mark mis nie . ‘n kuier , kuns en koop geleentheid sonder gelyke met bykans 200 uitstallers. Kom gee jóu siel kos by ons gratis seminaar uit Openbaring : Hoop vir gewone mense . Woon ook gerus ons twee buitelig dienste by ; God heel gebroke harte , na ‘n tyd van uitdagings en ons afsluitings Erediens .
�����������
Kom bring jou gesin , buurman, vriende en familie en kom kuier in die Kasteel se Balsaal of in ons markplein . Hier word ons nie net vermaak deur lokale talent nie maar ook deur Revue groepe , skoolkore en spesiale solo items .
����������
Ons het hierdie jaar ook 5 opheffingsprojekte wat ons ondersteun;
Huis Gracia , Huis Eljada ,
Noorderlig ( Hoërskool Pretoria Noord )
Etes vir Senior burgers & ons eie Deernis projekte
�����������
Sien jou die jaar by die 15de Wonderliggiefees en onthou om Robin Hood se hand se skud !