05/06/2026
Die Oud-Affiebond het met hartseer verneem van die afsterwe van Kosie Sauer (matriek, 1982).
Kosie was ‘n belangrike rolspeler in die bloeitydperk van Affie-tennis in die vroeë 1980’s en is deel van die spanne wat die Administrateurs- en Direkteurstrofee inpalm.
Op die foto verskyn Gerrie Dippenaar, Sameul de Necker, Kosie Sauer en mnr A.P. Bezuidenhout (afrigter) wat almal in die Noord-Transvaal o.18A Tennis-span van 1982 gespeel het.
In die agtergrond is die ou fietsloots en Appelkas te siene.
Ons eer sy nagedagtenis.