Castle Walk Estate & Venue

Castle Walk Estate & Venue Castle Walk Estate & Venue is a uniquely Castle-style venue in Derdepoort PTA. offering guests luxury self-catering apartments and a beautiful venue for rental.

To enquire contact 072 440 9215 or [email protected]

03/06/2026

Get your FREE Wedding Planner Guide

💍 BRIDES-TO-BE... THIS ONE'S FOR YOU! 💍Planning your dream wedding but not sure where to start?We've got something speci...
03/06/2026

💍 BRIDES-TO-BE... THIS ONE'S FOR YOU! 💍

Planning your dream wedding but not sure where to start?

We've got something special coming your way! ✨

At Castle Walk Estate & Venue, we're preparing a giveaway that every bride will want to get her hands on...

✔️ Stay organized
✔️ Never miss an important detail
✔️ Plan your big day with confidence

🎉 Keep watching this space for your chance to WIN a FREE Wedding Planning Checklist! 🎉

To qualify you must follow our page!

Turn on notifications so you don't miss the launch.

📍 Castle Walk Estate & Venue, Pretoria

27/05/2026

Opendag 2026 Reelings

Adres:
Castle Walk Estate Kampus
125 Castlewalk Street, Roodeplaat, Pretoria, Suid Afrika , 0035
Castle Walk Estate & Venue

Geagte Ouers en Voornemende Studente

Dit is vir ons ‘n groot voorreg om u te verwelkom by die opedag waarvoor u geregistreer het. Met reeds talle inskrywings vir die 2027 akademiese jaar, sien ons daarna uit om u bekend te stel aan die wêreld van Toerisme, Wildsplaasbestuur, Hospitaliteit, Dieresorg en PH. Natuurbewaring lê ons na aan die hart, en ons vertrou dat u die dag met entoesiasme en ‘n positiewe ingesteldheid saam met ons sal beleef.

Op die terrein sal verskeie verkopers verversings beskikbaar hê vir aankoop, insluitend warm drankies, koeldranke en water, worsbroodjies, popcorn, sjokolades en lekkers, asook broodjies en croissants.

Aankomsprosedure


• By aankoms word u versoek om by die registrasietafel in te teken sodat ons u besonderhede kan vaslê.

• Na u aankoms word u hartlik verwelkom en na die aankomstente begelei. Hier kan u rustig ‘n versnapering geniet terwyl u die verblyf en onderste saal verken. In die saal wag ‘n inspirerende foto gallery met ‘n oorsig van ons kursus sillabusse. U het die geleentheid om dit op u eie gemak te lees en te ontdek wat ons aanbied, nog voordat die formele sessie begin. Ons doel is dat u gemaklik voel, die ruimte geniet en reeds ‘n voorsmakie kry van die waarde wat ons kursusse bied.

• Op die toepaslike tydgleuf word u na die boonste saal begelei, waar ons direkteur, mnr. Andries Hendrik Potgieter, ‘n inligtingsessie sal lewer oor wat voornemende studente kan verwag van die kursusse wat ons aanbied.

• Na afloop van die toespraak beweeg u terug na die onderste saal. Registrasietafels sal agter in die saal beskikbaar wees om u kind se plek vir 2027 te verseker. Registrasie beloop R800.00 en kan gemaklik per kaartbetaling gedoen word. ‘n Kort registrasievorm sal ook voltooi moet word.

Adres:
Castle Walk Estate Kampus
125 Castlewalk Street, Roodeplaat, Pretoria, Suid Afrika , 0035


Tydgleuwe vir Inligtingsessies

Saterdag, 30 Mei 2026

• 11:00 – Groep 1 (eerste 100 gaste)
• 12:00 – Groep 2 (volgende 100 gaste)
• 13:00 – Groep 3

Sondag, 31 Mei 2026

• 10:00 – Groep 1 (eerste 100 gaste)
• 11:00 – Groep 2
• 12:00 – Groep 3

Ons sien daarna uit om u te ontmoet en die verrigtinge op ‘n hoë noot af te skop.

Vriendelike groete

Toerbroers Kampus Personeel

21/05/2026

. ⭐️GALA-AAND UITNODIGING ⭐️
• STUDENTE, OUERS, VRIENDE, TV VOLGERS
EN ALMAL ANDERS •

Castle Walk Estate & Venue
Ons nooi julle met groot opgewondenheid om deel te wees van ons jaarlikse Gala-aand – ’n
geleentheid wat beloof om groter en beter te wees as ooit tevore!

Die tema “Fire and Ice” bring die dramatiese kontras tussen vurige passie en yskoue elegansie na die voorgrond. ’n Atmosfeer waar rooi en goud se warmte bots en vloei saam met silwer en kristalwit se koel g***s. Die aand simboliseer balans: die energie van vuur wat inspireer en die kalmte van ys wat betower.

Gaste word omhul in ’n wêreld van glinsterende lig, vloeiende teksture en ’n spel van warmte
teenoor koue — ’n visuele simfonie wat die gala onvergeetlik maak.

🍷🍷Datum: 9 Desember 2026🍷🍷
Plek: Castle Walk Estate, 125 Castle Walk Road, Roodeplaat

Hierdie is ’n geleentheid vir die boeke – ’n Gala-aand soos geen ander! Nie net vier ons jou as student se suksesvolle voltooiing van die jaar nie, ons kondig ook die Top 10 studente regstreeks aan op KykNet se semi-finale episode van Toerbroers jou Toekoms

✅Hoogtepunte vir Studente:
• Direkte uitsending van KykNet/DSTV waar die Top 10 studente aangekondig word
• Gradeplegtigheid om jou prestasie te vier
• Volledige maaltyd met verwelkomingsdrankie, voorgereg, hoofmaal en nagereg
• Formele rooi tapyt geleentheid met formele dragkode
• Pop-up aanbiedings deur studente volgens verskeie temas
• Sprankelende sjampanje tafels en ’n vuurwerkvertoning wat die hemel verlig ter viering van die top 10 finaliste.

✅Hoogtepunte vir Ouers en Vriende:
• Direkte uitsending van die Top 10 aankondiging
• Volledige maaltyd met verwelkomingsdrankie, voorgereg, hoofmaal en nagereg
• Formele rooi tapyt geleentheid met formele dragkode
• Pop-up vertonings deur studente volgens verskeie temas
• 6 x 6m Groot buitelig cinema skerms wat verseker dat niemand niks mis nie FAQ’s:
• Metgeselle, familielede, vriende almal is welkom (geen beperking) met die aankoop van ’n kaartjie
• Kaartjie verkope kan deur admin@toerbroers & assistant@toerbroers gedoen word.
• Kaartjieprys R550.00 per persoon (Toerisme-studente: gratis toegang)
• Formele dragkode – enige skakering
• Kontant kroeg beskikbaar
• Veilige parkering beskikbaar

Ons sien uit om hierdie asemrowende aand saam met u te vier.

Kontak Corlia Nel by [email protected]

Baie geluk aan die pragtige pasgetroude bruidspaar Mnr & Mev van der Merwe met julle spesiale dag! 💍✨Dankie dat julle Ca...
14/05/2026

Baie geluk aan die pragtige pasgetroude bruidspaar Mnr & Mev van der Merwe met julle spesiale dag! 💍✨

Dankie dat julle Castle Walk Estate and Venue gekies het om die begin van julle ewige saamwees te vier. Dit was 'n absolute eer om deel te wees van so 'n vreugdevolle en liefdevolle geleentheid.

Mag julle huwelik geseën word met eindelose liefde, lag, geluk en onvergeetlike herinneringe. Ons wens julle 'n leeftyd van avonture en pragtige oomblikke saam toe.

Met liefde,
Castle Walk Estate and Venue

08/05/2026
Dear Mr & Mrs Du PlessisOn behalf of everyone at Castle Walk Estate and Venue, we wish you both a lifetime of happiness,...
08/05/2026

Dear Mr & Mrs Du Plessis

On behalf of everyone at Castle Walk Estate and Venue, we wish you both a lifetime of happiness, love, and cherished memories. May your journey together be as beautiful as your wedding day.

A heartfelt thank you for making us part of your celebration and memories on your wedding day.

Congratulations once again!

Castle Walk Team

04/04/2026

Address

125 Castlewalk Street, Roodeplaat
Pretoria
0035

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Castle Walk Estate & Venue posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share