Wilge Teater

Wilge Teater Die Wilge Teater van Hoërskool Die Wilgers, is ‘n moderne, 130-sitplek teater in Pretoria Oos.

Kristi Steyn is op ‘n reis om te bewys dat Afrikaanse musiek kuns is. Kom vier die 100 jaar herdenking van die Afrikaans...
19/09/2025

Kristi Steyn is op ‘n reis om te bewys dat Afrikaanse musiek kuns is. Kom vier die 100 jaar herdenking van die Afrikaanse taal by ‘n middag uit by die teater. In hierdie oorspronklike kabaret voer Kristi Steyn se eie komposisies, begelei deur klavier en cello, die gehoor weg tussen gedigte en saamlagstories om die mooi in die lewe te onthou in ‘n ode aan skep in Afrikaans!

Kom geniet ‘n kunsuitstalling voor die vertoning ingesluit by jou kaartjie!

Kaartjies beskikbaar op Quicket:
https://www.quicket.co.za/events/332260-kristi-steyn-cabaret/

27/08/2025

FAK bied aan: MERKERS in die Wilge Teater.

“Merkers” is reis wat deur digkuns en musiek die gehoor saamneem verby al die belangrike plekke en mense wat die merkers word op jou lewenspad. Party is struikelblokke en ander bied opwinding, ander bring rus maar elkeen word ‘n merker langs die pad wat lei na die moontlikheid van uiteindelike geborgenheid. Met woorde en wysies van onder ondere Koos du Plesis, Breyten Breytenbach, Piet de Jager, Bibi Slippers, Jan Blohm, Koos Kombuis, Klopjag, Ingrid Jonker en Johannes Kerkorrel sal elkeen in die gehoor ‘n stukkie van sy eie pad erken en dalk die merkers raak voel op hul eie plek waar ‘n tuiskoms wink.

Met: Sallas de Jager, Kristin Naude, Jaco van Staden, Rejeanne Kruger, Christo Beer, Gerhard du Preez.

Kaartjies beskikbaar op Quicket:

https://www.quicket.co.za/events/329065-merkers/

Ons is baie opgewonde om, “A Girl Called Owl” met Larissa Crafford-Lazarus, die naweek in ons teater te hê. Doen jouself...
16/04/2025

Ons is baie opgewonde om, “A Girl Called Owl” met Larissa Crafford-Lazarus, die naweek in ons teater te hê.

Doen jouself ‘n guns as jy nog nie planne het vir die lang naweek nie, en kom maak ‘n draai in die teater.

Kaartjies beskikbaar op Quicket:
https://www.quicket.co.za/events/302025-a-girl-called-owl/

Poësie Apteek is terug saam met André Odendaal en Jak J. Brits. Hierdie Sondag se tema is; Dankie Tog Vir Krog. Kaartjie...
22/11/2024

Poësie Apteek is terug saam met André Odendaal en Jak J. Brits. Hierdie Sondag se tema is; Dankie Tog Vir Krog.

Kaartjies beskikbaar op Quicket of by die deur.

Ons sien uit vir vandag se vertoning om 15:00. As jy nog nie kaartjies het nie, maak seker om te kry. (Beskikbaar op Qui...
01/09/2024

Ons sien uit vir vandag se vertoning om 15:00.

As jy nog nie kaartjies het nie, maak seker om te kry. (Beskikbaar op Quicket en by die deur.)

MÔRE in ons teater en ons kan nie wag nie! POENSKOP‘n Sketskomedie.Die tyd het aangebreek om die eeue oue vraag te beant...
12/08/2024

MÔRE in ons teater en ons kan nie wag nie!

POENSKOP
‘n Sketskomedie.

Die tyd het aangebreek om die eeue oue vraag te beantwoord – of te wel te probeer: Maak die hare die man? In hierdie skaterlag solo- komedie, ‘n kraakvars skets-debuut met akteur en sanger Stiaan Bruwer, word die stigma rondom kaalkop, naakskedel, holkop, poenskop deeglik en in diepte ondersoek. Met ‘drill-sersant’ Lizz Meiring as bobaas regisseur en mede teksskrywer, en teks bydrae en tegnies deur Jak J. Brits, kan gehore agteroor sit tydens hierdie 60min produksie wat die lagspiere prontuit sal laat werk.
Geen onder 16’s.

‘n Jakkals Onbeperk produksie.

Moet dit nie misloop nie!

KAARTJIES BESKIKBAAR OP QUICKET EN BY DIE DEUR!

https://www.quicket.co.za/events/267516-poenskop/

06/08/2024

13 Augustus om 19:00 by die Wilge Teater.

Address

8 Frank Road, Die Wilgers
Pretoria
0041

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Wilge Teater posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Wilge Teater:

Share