03/09/2026
๐๐๐ ๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐ฟ๐ ๐ฝ๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐๐๐...
Julle het die bakkie by die Potch Geesfees gesien, julle het ons Buurtspan daar gesien... Maar wat het hulle gemaak?
Terwyl ons lekker fees gehou het, het ons AfriForum Buurtspan, herwinbare plastiek, glas en blikkies begin sorteer, en te danke aan CM Skips sommer by die terrein al in die regte houers gegooi.
Hulle het op Maandag, 225kg plastiek by Deswalner Recycling Potch gaan aflaai.
Elke bietjie help, en hierdie 225kg plastiek maak reeds 'n verskil in ons dorp.
Onthou dat ons plaaslike AfriForum-tak 'n herwinningsopsie het vir huisgesinne en besighede in Potchefstroom.