Noordwes Motorskou Potchefstroom

Noordwes Motorskou Potchefstroom The Noordwes Motorskou is one of the most popular car shows in the North West area.

Die Noordwes Motorskou 2026 was ’n ongelooflike sukses — en dit is alles te danke aan julle!Selfs met ’n Kerkplein wat b...
02/05/2026

Die Noordwes Motorskou 2026 was ’n ongelooflike sukses — en dit is alles te danke aan julle!

Selfs met ’n Kerkplein wat bietjie modder onder die skoene gelos het, het julle steeds opgedaag met energie en goeie gees. Dít wys net weer: Potch se mense is van staal.

Baie dankie:
Aan elke uitstaller met hul pragtige motors.
Aan die span wat die antieke veiling laat leef het.
Aan die deelnemers aan die hondeskou.
Aan die kosstalletjies wat almal laat smul het.
Aan elke vlooimarkstalletjie uitstaller vir julle kunstige artikels.
Aan Jakkie Louw vir die musiek en momentum.
Aan 'n gemeente wat altyd uithaal en wys. 'n Span soos julle is altyd 'n fees om mee te werk.

Maar bowenal: aan elke besoeker wat deur die modder gestap het om saam met ons te kom kuier — dankie dat julle hierdie dag só spesiaal gemaak het.

01/05/2026

Jakkie is 12:00 weer terug! Nog ’n lekker kuier op die verhoog.
Musiek + basaarkos = perfekte kombinasie.

Send a message to learn more

01/05/2026

Honde‑vertoning 10:45–12:00 — bring die kinders, dis pure pret.
Talentvolle honde, groot glimlagte — kom kyk saam.

01/05/2026

Die antieke veiling begin 09:30 in die Kerksaal — unieke skatte wag.
As jy van oudhede hou… dis jou oomblik.

01/05/2026

Potch, dis Motorskou‑dag!
Die span is al op die terrein en die veteraanmotors stroom in
Hekke maak 08:00 oop — kom wees deel van die eerste instroming.

01/05/2026

Let wel! Die Motorskou gaan voort. Die reën ht opgeklaar en ons sien uit na 'n mooi dag!

30/04/2026

Noordwes Motorskou Potchefstroom is gereed vir môre se Motorskou! Ons terrein is droog, die kostente staan en die weer lyk mooi.

Moenie Noordwes Motorskou 2026 misloop nie!

27/04/2026

Send a message to learn more

01/04/2026

Ons tel die dae af na die lekkerste dag van die jaar!

​Maak reg vir 'n propvol program by die Motorskou! Nie net gaan die enjins brul nie, maar ons gaskunstenaar Jakkie Louw gaan sorg dat die atmosfeer op kookpunt is. 🎸✨

​Bring die hele familie vir:
​Basaarkos (die pannekoeke roep jou!). 🥞
​'n Pretpark vir die jong klomp om hulle energie uit te leef. 🎡
​Honde-vertoning vir groot pret met slim viervoete. 🐾
​Antieke Meubelveiling vir die skatjagters. 🪑

​Dit gaan 'n dag van musiek, motors en hope pret wees. Moenie dit misloop nie!

23/03/2026

Daar is niks soos die reuk van basaarkos en die blink van klassieke motors nie! 🍔🚘

​Ons nooi die hele Potchefstroom (en omliggende dorpe!) uit na die Noordwes Motorskou op die Kerkplein. Van prag-veteraanmotors tot 'n opwindende antieke veiling, 'n hondeskou, en 'n gratis pretpark vir die jong klomp – daar is werklik iets vir almal! 🎡✨🐕

​Inskrywings:
Het jy 'n voertuig wat koppe gaan laat draai? Ons wil die motor daar hê! Voltooi die vorm by die skakel hieronder om jou plek te bespreek: 🔗 https://form.jotform.com/260350692806559

​Sien julle een van die dae daar!!

Address

217 Walter Sisulu
Potchefstroom
2531

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Noordwes Motorskou Potchefstroom posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Noordwes Motorskou Potchefstroom:

Share

Category