Weskus Jou Lekker Ding Braai Fees

Weskus Jou Lekker Ding Braai Fees Weskus Jou Lekker Ding (EDMS) Bpk het gemerk dat daar 'n OPREGTE behoefte onder die Weskus mense bestaan, vir 'n Afrikaanse Weskus Fees! Wel, hier is hy!

Die Weskus is ons taal, en Weskus Jou Lekker Ding Fees ons Afrikaanse Musiek Fees der Feeste! Ons het perlemoen en ons het vet galjoen, groot rooi krewe en ons het 'n lekker lewe. Dis is, soos dit is in die Weskus. Met 'n 'huppel in ons trippel', is ons trots Afrikaans. Weskus Jou Lekker Ding Fees, is joune, myne, almal sin, saam! Ons beoog om die GROOTSTE Afrikaanse Musiek Skouspel te wees jaarli

ks, wat die Weskaap nog die voorreg gehad het om aan te bied, en die Fees sal plaasvind elke laaste naweek van Oktober, elke jaar. Ons Fees word gehou in sekerlik een van Suid Afrika se pragtigste, ongerepte, asemrowende Natuur Reservate, naamlik Tietiesbaai, Paternoster, Suid Afrika. Ons Fees beloof om vermaak te bied vir almal, 'all walks of life', en dit wat die Fees die normale man op die straat gaan bied, is ongelooflik.

2 x Bier tente (een vir die jong span (studente, endiesmeer) en een vir die 'over 30's, wat onderskeidelik vir elke groep se genre sal voorsien) en 'n wyn tent, wat al wat 'n Kaapse wynplaas, se wyne sal ten toonstel. Ons Fees sluit verder ongelooflike vermaak in vir kinders tot 16, met 'n toegewyde speel terrein en dagsorg fasiliteit, vir ouers om met 'n geruste gemoed en hart hulle kinders toe te laat om al die pret te geniet, sonder hulle toesighouding. Ons stalletjies beloof om iets spesiaals in elk uit te bring, en sal net die beste en mees oorspronklike temas goedgekeur word vir u vermaak, maar wees verseker, by ons Fees, sal u van 'n naald tot 'n Olifant kan koop. Verder is ons Fees ingerig om tonne 'van die verhoog' vermaak aan te bied, naamlik Helikopter ritte, warmlug ballon ritte, verskeie see en strand aktiwiteite, soos 'n vertoning deur die NSRI rondom lewens redding, 'n besoek en uitstalling van die SA Vloot, wat insluit die SA Vloot se eie en wereld beroemde orkes, Sterkman SA vertoning, 'Bikini' en Mej. 'Fees Boudtjies' kompetisie, potjiekos kompetisie, Snoek braai en Patat kompetisie, Roosterbrood en Galjoen, en die immergewilde, Kreef kook en braai kompetisie, alles oorsien deur die immergewilde Weskus Braaiers 2 man span.....

Ons sal ook verskeie TV kanaal dekkings geniet, soos Pasella, KykNet, en vele meer, met ons Media vennoot Smile FM, wat regstreeks sal uitsaai van die Fees terrein, en laaste maar nie die minste nie, sal ons 'n verhoog vol immer gewilde Afrikaanse kunstenaars opdis, wat al ons Fees gangers sal vermaak, tot die son op die horison en die see gaan le, en weer opkom dievolgende more, dit alles aangebied deur ons immer gewilde 'Master of the Ceromony', Maurice MC Carpide, 50/50 aanbieder, asook 'n gewese en baie gewilde X 'Radio Jacaranda' omroeper, en tans die immer gewilde stem agter die 'afternoon drive' program aanbied deur Smile FM in die Kaap. Ons wens elke Fees ganger toe om saam ons 'n naweek van algehele pret en plesier te kom deel, en ons as Weskus Jou Lekker Ding Fees, gaan ieder en elke Fees ganger se wind uit hulle seile uithaal, dit is ons belofte aan julle WESKUS, en ook ons Weskaap, Boland, Karoo, Namqauland, Suidwes, en al die ander oorblywende provinsies van SA se broers en susters! Kom geniet 'n 'calido-scope' van kultuur, kleur, geur en Afrikaanse Musiek saam met ons, en wees net mens! WESKUS JOU LEKKER DING FEES! Aweh Ma Se Kinners! :P

Address

Tietiesbaai, Cape Columbine Nature Reserve
Paternoster
7381

Telephone

+27221250601

Products

Clothing. West Coast memorabilia.

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Weskus Jou Lekker Ding Braai Fees posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category