20/02/2026
Ons is opgewonde om aan te kondig dat "Die Skuur" amptelik sy naam verander na Jakkals Dans! 🥂
​Of jy nou wil sokkie, langarm of sommer net die atmosfeer van die Tuinroete wil geniet, Jakkals Dans is die plek waar die stof gaan staan. Ons skuif rond! Ons gaan by verskeie top-venues regoor die Tuinroete kuier, so hou die blad dop vir ons volgende stop.
​Wat jy moet weet:
​Akkommodasie: Die meeste van ons venues het slaapplek beskikbaar – so jy kan dans tot die son opkom! 🛌
​Vervoer: Het jy ’n groep van 20 of meer? Ons reël vervoer vir julle! (Onthou om vroegtydig te bespreek). 🚌
​Bly op hoogte: Elke dans se datum en spesifieke venue sal hier op ons blad geadverteer word.
​Maak reg vir die lekkerste skoffel in die Suid-Kaap. Sien julle op die dansvloer!
​