Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees

Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees Vier dae vol pret en plesier by Bergvlam Skoolgronde in Nelspruit. Musiekverhoë en nog vele meer vermaak van vroeg tot laat.

Innibos trek elke jaar omtrent 100 000 mense en jy kan al Suid Afrika se top kunstenaars by een plek sien.

Ons is ongelooflik trots om aan te kondig dat Toyota Innibos tydens vanjaar se mediatoekennings ’n Top 3-posisie in die ...
11/09/2026

Ons is ongelooflik trots om aan te kondig dat Toyota Innibos tydens vanjaar se mediatoekennings ’n Top 3-posisie in die kategorie Beste Digitale Media Plasing behaal het!

Daarbenewens was Innibos ook benoem in die kategorieë:
🏆 Beste Video Insetsel
🏆 Beste Ateljee Onderhoud
🏆 Beste Digitale Media Plasing

Dit was ’n groot voorreg en eer om hierdie besonderse geleentheid by te woon waar wêreldklas-vermaak aangebied is deur kunstenaars soos Loren Allred (The Greatest Showman), Elvis Blue, Tarryn Lamb en Elandré en ander, met ’n indrukwekkende visuele skouspel by die SunBet Arena in Pretoria.

’n Opregte woord van dank aan Ontbytsake vir hul ondersteuning teenoor Toyota Innibos, wat help om die fees se storie jaar na jaar met Suid-Afrika te deel.

Jou stalletjie kan deel wees van Toyota Innibos 2027! 🎪Bring jou produkte, kreatiwiteit en unieke handelsmerk na een van...
08/09/2026

Jou stalletjie kan deel wees van Toyota Innibos 2027! 🎪

Bring jou produkte, kreatiwiteit en unieke handelsmerk na een van die Laeveld se grootste feeservarings. Dit is jou geleentheid om raakgesien te word, nuwe klante te ontmoet en tussen die Innibos-feesgees handel te dryf.

📅 1 tot 4 Julie 2027
📍 Bergvlam Hoërskool, Mbombela

Uitstaller-aansoeke is nou oop. Doen vandag nog aansoek:
🔗 https://www.innibos.co.za/innibosuitstallers/

📚 Vanjaar se Toyota Innibos Boekenaweek was inderdaad een vir die boeke!Van die ATKV-poësiewerkswinkel met Tom Dreyer en...
07/09/2026

📚 Vanjaar se Toyota Innibos Boekenaweek was inderdaad een vir die boeke!

Van die ATKV-poësiewerkswinkel met Tom Dreyer en Jennifer Pape, tot gesprekke oor Kansvatter, Historiese Almanak, Parlementpraatjies, Oscar Pistorius: The Big Lie and the Right to a Fair Trial en Zama Zama, die naweek was gevul met stories, insigte, geskiedenis en gesprekke wat mense laat d**k én saamkuier het.

Frieda van den Heever se Airdrop: Jy is nou hier het volgens die Lowvelder sielskos gebied, terwyl die Natsteennaweek weer oudjoernaliste en vriende om die spitbraai saamgebring het. ’n Groot dankie aan elke skrywer, gesprekleier, ondersteuner en besoeker wat deel was van hierdie besondere naweek in Kaapschehoop.

Lees en kyk meer hier:
https://www.citizen.co.za/lowvelder/news-headlines/local-news/2026/09/05/kyk-verruklike-boekgesprekke-by-innibos-natsteen-en-boekenaweek/

Vanjaar se Boekenaweek was een vir die boeke.

31/08/2026

Die Innibos boekenaweek het weer groot aftrek gekry in Kaapse Hoop die afgelope naweek! Dankie vir almal se ondersteuning.

25/08/2026

Kom kuier saam by die Innibos Boekenaweek op Kaapsehoop.

✍️ Skryf jy graag poësie, of wil jy jou stem op papier beter leer ken?Die ATKV-Skryfskool se Poësiewerkswinkel vorm deel...
21/08/2026

✍️ Skryf jy graag poësie, of wil jy jou stem op papier beter leer ken?

Die ATKV-Skryfskool se Poësiewerkswinkel vorm deel van die Toyota Innibos Boekenaweek in Kaapschehoop en word aangebied deur Tom Dreyer en Jennifer Pape.

📅 Donderdag, 27 Augustus 2026
⏰ 10:00 tot 15:00
📍 Kaapsche Hoop-gastehuis, Kaapschehoop
🎟️ R300 per persoon, insluitend eet- en drinkgoed

Slegs 25 volwasse deelnemers kan deelneem, so bespreek betyds.

Besprekings: [email protected] | 084 207 4282

JenniferPape Kaapschehoop AfrikaansePoësie

Woorde wat vuurmaak. Musiek wat vrede maak.Frieda van den Heever bring haar musiek- en woordproduksie, Airdrop: Jy is no...
20/08/2026

Woorde wat vuurmaak. Musiek wat vrede maak.

Frieda van den Heever bring haar musiek- en woordproduksie, Airdrop: Jy is nou hier, vir die eerste keer na die Laeveld.

Verwag ’n intieme aand van oorspronklike musiek, gedigte, stories en geliefde verwerkings by Bohemian Groove Café.

📅 Vrydag, 28 Augustus
⏰ 19:00
🎟️ Kaartjie: R200 per persoon

’n Ligte aandete is by Bohemian Groove Café beskikbaar en moet vooraf bespreek word.

Bespreek jou kaartjies by innibos.co.za

📚 Saterdag by Innibos BoekenaweekSaterdag bring ’n lekker mengsel van speurverhale, fiksie, avontuur en poësie na Kaapsc...
19/08/2026

📚 Saterdag by Innibos Boekenaweek

Saterdag bring ’n lekker mengsel van speurverhale, fiksie, avontuur en poësie na Kaapschehoop.

Op die program:

📖 Wild Things Never Die met Sally Andrew, in gesprek met Karin Schimke
📖 Die vrou met nege lewens met Debbie Loots, in gesprek met Susan Booyens
📖 Waar die teerpad ophou: Op ’n motorfiets deur Afrika met Jean Cooper, in gesprek met Annemarie van der Walt
📖 Die Serwiër met Carel van der Merwe, in gesprek met Susan Booyens
📖 Vatso! met Tom Dreyer, Jennifer Pape en Muller Minnaar, met voorlesings en woord en wederwoord uit Brief op veertigduisend voet, Waar daar eens ’n see was en Die langste jaar ooit

📅 Saterdag, 29 Augustus
📍 Kaapschehoop
🎟️ R50 per boekgesprek
🎟️ R400 vir ’n naweekkaartjie wat al die boekgesprekke insluit

Blaai deur die carousel en beplan jou Saterdag by Boekenaweek.

Bespreek jou kaartjies by innibos.co.za

📚 Vrydag by Innibos BoekenaweekVrydag se program is propvol harde feite, geskiedenis, aktuele sake en ’n besonderse aand...
18/08/2026

📚 Vrydag by Innibos Boekenaweek

Vrydag se program is propvol harde feite, geskiedenis, aktuele sake en ’n besonderse aand van musiek en woorde.

Op die program:

📖 Kansvatter: Die rustelose lewe van Ben Viljoen met Carel van der Merwe, in gesprek met Marius Bakkes
📖 Historiese Almanak: Onthou jy nog? met Albé Grobbelaar, in gesprek met De Wet Potgieter
📖 Parlementpraatjies met Pieter Mulder, in gesprek met Annemarie van der Walt
📖 Oscar Pistorius: The BIG Lie and the Right to a Fair Trial met Chris Marnewick, in gesprek met Jana van der Merwe
📖 Zama Zama: Inside the Illicit Mining Underworld met Graham Coetzer, in gesprek met Hancu Louw
🎶 Airdrop: Jy is nou hier, ’n musiek- en woordproduksie deur Frieda van den Heever

📅 Vrydag, 28 Augustus
📍 Kaapschehoop
🎟️ R50 per boekgesprek
🎟️ R400 vir ’n naweekkaartjie wat al die boekgesprekke insluit
🎶 Airdrop: R200 per persoon

Blaai deur die carousel vir die volledige Vrydagprogram.

Bespreek jou kaartjies by innibos.co.za

Address

Geelhoutlaan 21, Hoërskool Bergvlam
Mbombela
1211

Opening Hours

Wednesday 10:00 - 22:00
Thursday 10:00 - 22:00
Friday 10:00 - 22:00
Saturday 10:00 - 22:00

Telephone

+27137415294

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share