02/06/2026
Wat ’n ongelooflike aand by ons fondsinsamelingsdans! Dankie aan elke persoon wat saam gekuier, ondersteun en bygedra het. Julle ondersteuning maak ’n werklike verskil in ons gemeenskap.
’n Spesiale woord van dank aan elke helpende hand, ons DJ en al ons borge wat die aand moontlik gemaak het. Julle betrokkenheid en ondersteuning beteken meer as wat woorde kan beskryf. Julle is goud werd!
Nou tel ons die dae af... Oor net meer as 50 dae breek die opwinding van die Lutzville Landbouskou aan! (29 Julie tot 1 Augustus 2026)
Hou gerus www.lutzvilleskou.co.za dop vir al die jongste nuus, programme, inskrywings en alles wat jy moet weet.
Ons sien uit daarna om weer saam met julle ’n onvergeetlike skou te beleef!