Dr Kenneth Kaunda Schools Ringball

Dr Kenneth Kaunda Schools Ringball If your child wants to be part of a teamsport... you need to contact me asap

10/05/2026
Versprei asbKan ons more(Woensdag 17 Desember) 10h00 n massa gebed aksie doen voor Lente se CT scans gebeur met die volg...
17/12/2025

Versprei asb

Kan ons more(Woensdag 17 Desember) 10h00 n massa gebed aksie doen voor Lente se CT scans gebeur met die volgende gebed asb

Gebed vir Lente

Here ons Vader,
Ons kom vandag na U toe met nederige harte.
U ken klein Lente se naam, U ken haar pyn,
en U weet presies wat in haar liggaam en brein aangaan.

Here, ons vra dat U U hand van genesing oor Lente sal hou.
Raak elke deel van haar brein aan waar daar swelling en besering is.
Laat die swelling afneem, laat herstel begin,
en laat elke breinsel wat beskadig is, weer lewe ontvang.

Ons bid spesiaal vir Woensdag se breinskandering.
Gee wysheid aan die dokters en spesialiste,
en laat die uitslae goeie nuus bring.
Lei elke besluit wat geneem moet word.

Here, wees ook naby aan haar mamma en pappa.
Gee hulle krag wanneer hulle moeg is,
vrede wanneer hulle bang is,
en hoop wanneer die pad onseker voel.

Ons verklaar U belofte:
“Want Ek is die Here wat jou gesond maak.”
(Uit Eksodus 15:26)

Here, hou Lente vas in U arms,
omvou haar met U liefde en vrede,
en laat haar herstel tot ’n getuienis van U genade.

Ons plaas haar lewe volkome in U hande.
In Jesus se Naam bid ons dit.
Amen.

Address

Klerksdorp

Telephone

0824109066

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Dr Kenneth Kaunda Schools Ringball posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category