Die Nataniël Kerskonsert

Die Nataniël Kerskonsert Feestelik, vertroostend, dramaties, skreeusnaaks, stylvol en opwindend Is dit weens medikasie? Afpersing? Menopouse? Die verskyning van ’n boodskapper? Geen pouse.

Sanger, komponis, skrywer en televisiekok, Nataniël, wat nooit tydens die Kersseisoen optree nie, wat skares vrees en wat buitelugkonserte soos die plaag vermy, tree hierdie jaar vir die eerste keer in byna 30 jaar in Hartenbos op. Wie sal weet, wat wel duidelik is, is dat hierdie ’n unieke, stylvolle, vermaaklike, aanskoulike en onmisbare geleentheid sal wees. Hierdie konsert met splinternuwe sto

ries, oorspronklike komposisies, nuwe verwerkings van tradisionele Kersmusiek, immergroen Kersliedere, tydlose gewyde liedere en onvergeetlike kostuums vind om 20:00 plaas. Nataniël deel die verhoog met Charl du Plessis (klawers), Juan Oosthuizen (kitaar), Brendan Ross (saksofoon), Rixi Roman (bas) en Peter Auret (tromme), asook sangers Dihan Slabbert en Nicolaas Swart. Feestelik, vertroostend, dramaties, skreeusnaaks, stylvol en opwindend, DIE NATANIËL KERSKONSERT is ’n moet aan die einde van nog ’n uitdagende jaar! Kom vier hierdie spesiale tyd met ons! Geen kinders onder 12.

Address

ATKV Amfiteater
Hartenbos
6520

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Nataniël Kerskonsert posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Die Nataniël Kerskonsert:

Share

Category