31/05/2026
Vakansie-werk net vir jou!
Lus om hierdie vakansie โn lekker geldjie te maak terwyl jy nuwe mense ontmoet en tussen pragtige produkte werk? Dan is hierdie geleentheid net vir jou.
Ons is op pad na The Glen Shopping Centre en ons soek iemand 16 jaar of ouer om by ons span aan te sluit. [Eintlik soek ons sommer โn hele paar iemande!]
As jy vriendelik is, goed met mense werk en lus is om deel te wees van โn besige, kreatiewe markomgewing, dan wil ons jou ontmoet.
WhatsApp Iwan op 067 086 7900 vir meer besonderhede en โn moontlike onderhoud.
Jou vakansieplanne het dalk nou net baie interessanter geraak.