29/04/2020
Darling Hills Helping Hands met samewerking van Darling Hills MTB het al sover 440 mense gedurende die grendeltyd in en om ons gemeenskap bereik, met die uitreik van kosbakkies. Die areas wat hul alreeds tot dusver gedien het is Darling Noord, Darling Oos en van die plase buite Darling, soos bv in Yzerfontein.
Danzel Andries , organiseerder en kontak persoon, van DH MTB, wil graag n woord van dank uitspreek aan al die donateurs en vrywilligers wat dit moontlik maak om hierdie inisiatief te verwesenlik. As daar enige een is wat wil uitreik kan u gerus vir Danzel n privaat boodskap stuur via 'Messenger' of via epos [email protected]
Daar is nog baie mense in nood en wat bereik moet word. Darling Hills Helping Hands se doel is om soveel van ons dorp se mense wat in nood is te bereik. As u instaat is om te kan help met donasies, op watter manier ook al sal dit opreg waardeer word.
🙏🏽