13/05/2026
Zwarrie kry brons by WUKF.
Minke Basson het vir die Goju Ryu Okinawa Kan Dojo aan die WUKF SA Nasionale Karate kompetisie in PE (Gqeberha) deelgeneem. Die toernooi het vanaf die 28ste April tot die 3de Mei plaasgevind.
Minke het aan vier items deelgeneem en met ‘n brons medalje weggestap. Sy het teen deelnemers van lande soos Amerika, Mauritius, die Reunion eilande en Skotland meegeding. Daar was meer as ‘n 1000 deelnemers.
Baie geluk, Minke!