Suidoosterfees

Suidoosterfees 'n FEES vir ALMAL! Suidoosterfees - Inryteater: 4-15 November 2020

๐๐จ๐  โ€™๐ง ๐ž๐ซ๐ž๐๐จ๐ค๐ญ๐จ๐ซ๐ฌ๐ ๐ซ๐š๐š๐ ๐ฏ๐ข๐ซ โ€™๐ง ๐๐จ๐ฒ๐ž๐ง๐ง๐ž ๐ฏ๐š๐ง ๐๐ข๐ž ๐ฏ๐ž๐ซ๐ก๐จ๐จ๐ !Die Suidoosterfees wens die legendariese ๐’๐š๐ง๐๐ซ๐š ๐๐ซ๐ข๐ง๐ฌ๐ฅ๐จ๐จ van harte...
11/09/2026

๐๐จ๐  โ€™๐ง ๐ž๐ซ๐ž๐๐จ๐ค๐ญ๐จ๐ซ๐ฌ๐ ๐ซ๐š๐š๐ ๐ฏ๐ข๐ซ โ€™๐ง ๐๐จ๐ฒ๐ž๐ง๐ง๐ž ๐ฏ๐š๐ง ๐๐ข๐ž ๐ฏ๐ž๐ซ๐ก๐จ๐จ๐ !

Die Suidoosterfees wens die legendariese ๐’๐š๐ง๐๐ซ๐š ๐๐ซ๐ข๐ง๐ฌ๐ฅ๐จ๐จ van harte geluk met nรณg โ€™n besondere eer: die Noordwes-Universiteit ken op 29 September โ€™n eredoktorsgraad aan haar toe ter erkenning van haar merkwaardige loopbaan en bydrae tot die Suid-Afrikaanse uitvoerende kunste.

En hoe gepas dat Sandra juis dan in Potchefstroom is โ€“ op die verhoog by Momentum Aardklop in ๐ท๐‘–๐‘’ ๐‘Ž๐‘›๐‘‘๐‘’๐‘Ÿ ๐‘‘๐‘œ๐‘”๐‘ก๐‘’๐‘Ÿ, wat vanjaar ook Suidoosterfeesgehore diep geraak het. Baie geluk, Sandra! Ons vier hierdie tweede eredoktorsgraad saam met jou โ€“ en is trots dat Suidoosterfeesgehore vanjaar ook hierdie besonderse vertolking kon beleef.

In diรฉ intieme eenpersoonstuk vertolk Sandra die verhaal van die Nobelpryswenner Annie Ernaux, wat as tienjarige ontdek het dat sy โ€™n ouer suster gehad het wat voor haar geboorte oorlede is. Onder Lara Foot se regie ontvou โ€™n ragfyn verhaal oor familie, verlies, skuld en die dinge waaroor gesinne soms nooit praat nie.

๐ท๐‘–๐‘’ ๐‘Ž๐‘›๐‘‘๐‘’๐‘Ÿ ๐‘‘๐‘œ๐‘”๐‘ก๐‘’๐‘Ÿ is van 29 September tot 1 Oktober by Momentum Aardklop Nasionale Kunstefees te sien, waarna Sandra en die produksie na Stellenbosch reis vir die Toyota Stellenbosch Woordfees van 3 tot 11 Oktober.

Moenie ๐ท๐‘–๐‘’ ๐‘Ž๐‘›๐‘‘๐‘’๐‘Ÿ ๐‘‘๐‘œ๐‘”๐‘ก๐‘’๐‘Ÿ by diรฉ feeste misloop nie. Besoek woordfees.co.za en aardklop.co.za vir besprekings.

๐๐š๐ข๐ž ๐ ๐ž๐ฅ๐ฎ๐ค, ๐Œ๐š๐ซ๐ฅ๐ž๐ง๐ž!Die Suidoosterfees wens Marlene le Roux, uitvoerende hoof van Artscape, van harte geluk met haar bes...
10/09/2026

๐๐š๐ข๐ž ๐ ๐ž๐ฅ๐ฎ๐ค, ๐Œ๐š๐ซ๐ฅ๐ž๐ง๐ž!

Die Suidoosterfees wens Marlene le Roux, uitvoerende hoof van Artscape, van harte geluk met haar besondere erkenning as Ambassadeur van die Jaar by die 34ste Sakeleier van die Jaar 2026-geleentheid, aangebied deur Die Burger, Netwerk24, die Kaapstad Sakekamer en die Afrikaanse Handelsinstituut Wes-Kaap.

In haar aanvaardingstoespraak vertel Marlene van haar eie lewensreis, maar ook van haar diep oortuiging dat die kunste veel meer as vermaak is. Sy beklemtoon die rol wat kuns kan speel om mense bymekaar te bring, uitsluiting teen te werk, werk te skep en โ€™n Suid-Afrika te help bou waarin almal kan tuis voel.

Vir die Suidoosterfees is diรฉ erkenning besonder spesiaal. Artscape, met Marlene aan die stuur, is een van ons hoofborge en dien reeds vir baie jare as die tuiste en hartklop van die Suidoosterfees. So ook ๐ท๐‘–๐‘’ ๐ต๐‘ข๐‘Ÿ๐‘”๐‘’๐‘Ÿ en Netwerk24!

Ons waardeer Marlene se passie vir toeganklikheid, inklusiwiteit, gemeenskappe en die ontwikkeling van kunstenaars โ€“ waardes wat ons ten nouste met haar en Artscape deel.

Marlene, baie, baie geluk met hierdie welverdiende eer!
Lees Marlene se volledige aanvaardingstoespraak hier op LitNet:

"As jy โ€™n kind met โ€™n gestremdheid in Suid-Afrika is, het jy ondersteuning en toegang tot hulpbronne deur spesiale skole, tot ongeveer graad 10. Daarna, vir te veel jongmense, vernou die lewe tot โ€™n plakkershut of โ€™n huis, sonder vervoer, en baie beperkte maniere om te sosialiseer of aan te ...

๐๐จ๐  โ€™๐ง ๐ฌ๐ฉ๐จ๐ ๐›๐ž๐ง๐จ๐ž๐ฆ๐ข๐ง๐  ๐ฏ๐ข๐ซ ๐๐ข๐ž ๐’๐ฎ๐ข๐๐จ๐จ๐ฌ๐ญ๐ž๐ซ๐Ÿ๐ž๐ž๐ฌ!Die Suidoosterfees is vanjaar benoem vir โ€™n Wes-Kaapse Regering Kultuurtoeke...
10/09/2026

๐๐จ๐  โ€™๐ง ๐ฌ๐ฉ๐จ๐ ๐›๐ž๐ง๐จ๐ž๐ฆ๐ข๐ง๐  ๐ฏ๐ข๐ซ ๐๐ข๐ž ๐’๐ฎ๐ข๐๐จ๐จ๐ฌ๐ญ๐ž๐ซ๐Ÿ๐ž๐ž๐ฌ!

Die Suidoosterfees is vanjaar benoem vir โ€™n Wes-Kaapse Regering Kultuurtoekenning 2026 in die kategorie Mees impakvolle gemeenskapskunstefees.

Die toekenningsgeleentheid is gisteraand by Artscape aangebied deur die Wes-Kaapse minister van Kultuursake en Sport, Ricardo Mackenzie.

Hoewel ons nie vanjaar met die toekenning huis toe gekom het nie, is ons baie trots op die erkenning van die Suidoosterfees se werk in gemeenskappe en ons volgehoue strewe om die kunste toeganklik te maak, nuwe talent te ontwikkel en geleenthede vir kunstenaars en gehore te skep.

Baie geluk aan die ๐”๐ค๐ฎ๐ค๐ก๐š๐ง๐ฒ๐š ๐Š๐ฐ๐ž๐ฅ๐š๐ง๐ ๐š ๐€๐ซ๐ญ ๐’๐จ๐œ๐ข๐ž๐ญ๐ฒ, die wenner in ons kategorie!

Ons bedank die Western Cape Government Cultural Affairs and Sport vir โ€™n besondere geleentheid wat erkenning gee aan die mense en organisasies wat deur die kunste, kultuur en erfenis โ€™n betekenisvolle verskil in gemeenskappe regoor die provinsie maak.

Op die fotoโ€™s is Raymano Randall, ons feesbestuurder, en Kaylin Khan, die Suidoosterfees se tegniese skakelpersoon, met ons benoemingsertifikaat, asook al die benoemdes en wenners saam op die Artscape-verhoog.

Goeie nuus vir almal wat ๐ธ๐‘ข๐‘”๐‘’๐‘›๐‘’ by die Suidoosterfees misgeloop het, of dit eenvoudig weer wil beleef: diรฉ aangrypende p...
09/09/2026

Goeie nuus vir almal wat ๐ธ๐‘ข๐‘”๐‘’๐‘›๐‘’ by die Suidoosterfees misgeloop het, of dit eenvoudig weer wil beleef: diรฉ aangrypende produksie speel van 5 tot 8 Oktober by die Toyota Stellenbosch Woordfees in die Adam Small-laboratorium.

Daar is heerlike leesstof op LitNet! Christiaan J de Swardt gesels met die briljante mense agter ๐ธ๐‘ข๐‘”๐‘’๐‘›๐‘’ โ€“ romansier en kunstenaar ๐Š๐ข๐ซ๐›๐ฒ ๐ฏ๐š๐ง ๐๐ž๐ซ ๐Œ๐ž๐ซ๐ฐ๐ž, dramaturg ๐’๐š๐š๐ซ๐ญ๐ฃ๐ข๐ž ๐๐จ๐ญ๐ก๐š en regisseur ๐๐ข๐œ๐จ ๐’๐œ๐ก๐ž๐ž๐ฉ๐ž๐ซ๐ฌ โ€“ oor die besonderse reis van roman na verhoog.

Hulle vertel van die uitdagings en kreatiewe keuses wat met die verwerking gepaardgegaan het, en van die samewerking wat Kirby se veelvlakkige verhaal uiteindelik โ€™n nuwe lewe op die verhoog gegee het. In die produksie vertolk Carlo Daniels die rol van Eugene, met Lynette du Plessis as sy skaduwee en veelkantige teenwoordigheid, terwyl Kirby self tydens elke vertoning op die verhoog โ€™n kunswerk skep.

Lees Christiaan se onderhoud op LitNet: https://www.litnet.co.za/suidoosterfees-2026-gesprekke-oor-eugene-die-teaterproduksie/

En maak seker jy kry jou kaartjies vir ๐ธ๐‘ข๐‘”๐‘’๐‘›๐‘’ by die Toyota Stellenbosch Woordfees: https://www.quicket.co.za/events/379858-eugene/?preview=t&utm_source=chatgpt.com #/

Fotoโ€™s: Hans van der Veen

๐ธ๐‘ข๐‘”๐‘’๐‘›๐‘’ is โ€™n koproduksie van die Suidoosterfees, Vrystaat Kunstefees en Toyota Stellenbosch Woordfees, ondersteun deur NATi, die Festival Enterprise Catalyst (FEC), The Jobs Fund en Het Jan Marais Nationale Fonds.

NATi โ€ข Nasionale Afrikaanse Teater-Inisiatief
Festival Catalyst

Een produksie wat jy nie kan misloop by vanjaar se Toyota Stellenbosch Woordfees nie, is ๐ด ๐‘Š๐‘œ๐‘š๐‘Ž๐‘› ๐ด๐‘™๐‘œ๐‘›๐‘’ met Kim Engelbrec...
08/09/2026

Een produksie wat jy nie kan misloop by vanjaar se Toyota Stellenbosch Woordfees nie, is ๐ด ๐‘Š๐‘œ๐‘š๐‘Ž๐‘› ๐ด๐‘™๐‘œ๐‘›๐‘’ met Kim Engelbrecht. Lees gerus diรฉ mooi artikel in ๐ท๐‘–๐‘’ ๐‘ƒ๐‘Ž๐‘๐‘–๐‘’๐‘Ÿ: https://diepapier.co.za/kragtoer-deur-emmy-benoemde-kim-engelbrecht-vanjaar-by-woordfees/

๐ด ๐‘Š๐‘œ๐‘š๐‘Ž๐‘› ๐ด๐‘™๐‘œ๐‘›๐‘’ het vroeรซr vanjaar met oorweldigende sukses by Suidoosterfees gedebuteer en word met trots aan jou gebring deur die Suidoosterfees, die Toyota Stellenbosch Woordfees, die Festival Catalyst, The Jobs Fund en Nando's.

Die bekroonde Suid-Afrikaanse aktrise Kim Engelbrecht, wat in 2022 vir โ€™n internasionale Emmy-toekenning benoem is, sal in Oktober by die Toyota Stellenbosch Woordfees te sien wees in A Woman Alone โ€“ die donker, skreeusnaakse eenvroustuk wat vroeรซr vanjaar die vinnigste verkoper รฉn die eerste ...

๐Š๐ฎ๐ง๐ฌ ๐ฎ๐ข๐ญ ๐๐ข๐ž ๐ก๐š๐ง๐, ๐ฌ๐ญ๐จ๐ซ๐ข๐ž๐ฌ ๐ฎ๐ข๐ญ ๐๐ข๐ž ๐ค๐จ๐ฉDie Breytenbach Galery in Wellington maak op Vrydag 11 September die deure oop vir...
07/09/2026

๐Š๐ฎ๐ง๐ฌ ๐ฎ๐ข๐ญ ๐๐ข๐ž ๐ก๐š๐ง๐, ๐ฌ๐ญ๐จ๐ซ๐ข๐ž๐ฌ ๐ฎ๐ข๐ญ ๐๐ข๐ž ๐ค๐จ๐ฉ

Die Breytenbach Galery in Wellington maak op Vrydag 11 September die deure oop vir โ€™n groepuitstalling wat indrukwekkende kunstenaars byeenbring.

Die gevierde ๐‰๐จ๐ก๐š๐ง ๐Œ๐ฒ๐›๐ฎ๐ซ๐  sal die uitstalling open.

๐Ÿ“… Vrydag 11 September
๐Ÿ•• 18:00
๐Ÿ“ Breytenbach Galery, Burgerstraat 14, Wellington
RSVP: [email protected]
WhatsApp: 083 415 0002

Kom maak โ€™n aand daarvan in Wellington.
Breytenbach Sentrum

๐•๐š๐ง ๐’๐ฎ๐ข๐๐จ๐จ๐ฌ๐ญ๐ž๐ซ๐Ÿ๐ž๐ž๐ฌ ๐ฌ๐ž ๐๐€๐“๐ข ๐‰๐จ๐ง๐  ๐’๐ญ๐ž๐ซ๐ซ๐ž-๐ฏ๐ž๐ซ๐ก๐จ๐จ๐  ๐ง๐š ๐’๐ญ๐ž๐ฅ๐ฅ๐ž๐ง๐›๐จ๐ฌ๐œ๐ก!๐‘‚๐‘›๐‘  ๐‘–๐‘  ๐‘›๐‘œ๐‘” โ„Ž๐‘–๐‘’๐‘Ÿ, een van vanjaar se Suidoosterfees NATi J...
07/09/2026

๐•๐š๐ง ๐’๐ฎ๐ข๐๐จ๐จ๐ฌ๐ญ๐ž๐ซ๐Ÿ๐ž๐ž๐ฌ ๐ฌ๐ž ๐๐€๐“๐ข ๐‰๐จ๐ง๐  ๐’๐ญ๐ž๐ซ๐ซ๐ž-๐ฏ๐ž๐ซ๐ก๐จ๐จ๐  ๐ง๐š ๐’๐ญ๐ž๐ฅ๐ฅ๐ž๐ง๐›๐จ๐ฌ๐œ๐ก!

๐‘‚๐‘›๐‘  ๐‘–๐‘  ๐‘›๐‘œ๐‘” โ„Ž๐‘–๐‘’๐‘Ÿ, een van vanjaar se Suidoosterfees NATi Jong Sterre-produksies, kry in Oktober โ€™n speelvak by die Toyota Stellenbosch Woordfees.

Shanice, Simone en Layla beland in โ€™n geheimsinnige vertrek waar speletjies vinnig โ€™n onheilspellende wending neem. Wanneer โ€™n skokkende onthulling skuld, wantroue en woede na die oppervlak bring, word hul soeke na โ€™n uitweg ook โ€™n reis deur herinnering, hoop en oorlewing.

Wie ontsnap โ€“ en wie bly agter?

Op die fotoโ€™s kry jy โ€™n voorsmakie van Franka Kirby, Adri-Jo Waterboer en Cara Rossouw in aksie, onder regie van Tamia Thompson.

๐‘ถ๐’๐’” ๐’Š๐’” ๐’๐’๐’ˆ ๐’‰๐’Š๐’†๐’“
๐Ÿ“… 3, 5 en 10 Oktober
๐Ÿ“ Toyota Stellenbosch Woordfees

Die produksie is moontlik gemaak deur die Suidoosterfees, NATi, die Jakes Gerwel-stigting en Kunstekaap. Bespreek hier: https://www.quicket.co.za/events/379753-ons-is-nog-hier/?preview=t #/

Ons is trots om hierdie jong teatermakers verder te sien reis โ€“ gaan ondersteun hulle in Stellenbosch!

Suidoosterfees, NATi โ€ข Nasionale Afrikaanse Teater-Inisiatief, Jakes Gerwel Foundation, Artscape

๐‡๐ž๐ญ ๐ฃ๐ฒ ๐š๐ฅ ๐ค๐š๐š๐ซ๐ญ๐ฃ๐ข๐ž๐ฌ ๐ ๐ž๐ค๐จ๐จ๐ฉ ๐ฏ๐ข๐ซ ๐๐ข๐ž ๐“๐จ๐ฒ๐จ๐ญ๐š ๐’๐ญ๐ž๐ฅ๐ฅ๐ž๐ง๐›๐จ๐ฌ๐œ๐ก ๐–๐จ๐จ๐ซ๐๐Ÿ๐ž๐ž๐ฌ?Die Toyota Stellenbosch Woordfees is om die draai โ€“ en ...
04/09/2026

๐‡๐ž๐ญ ๐ฃ๐ฒ ๐š๐ฅ ๐ค๐š๐š๐ซ๐ญ๐ฃ๐ข๐ž๐ฌ ๐ ๐ž๐ค๐จ๐จ๐ฉ ๐ฏ๐ข๐ซ ๐๐ข๐ž ๐“๐จ๐ฒ๐จ๐ญ๐š ๐’๐ญ๐ž๐ฅ๐ฅ๐ž๐ง๐›๐จ๐ฌ๐œ๐ก ๐–๐จ๐จ๐ซ๐๐Ÿ๐ž๐ž๐ฌ?

Die Toyota Stellenbosch Woordfees is om die draai โ€“ en โ€™n hele klompie produksies waaraan die Suidoosterfees help bou het, trek saam Stellenbosch toe!

As jy vanjaar by SOF โ€™n gunsteling misgeloop het, of weer een van diรฉ besonderse produksies wil beleef, is dit nou jou kans:

๐ŸŽญ ๐ด ๐‘Š๐‘œ๐‘š๐‘Ž๐‘› ๐ด๐‘™๐‘œ๐‘›๐‘’ โ€“ een van SOF 2026 se vlagskipdramas wat blitsig uitverkoop het.
๐ŸŽญ ๐ธ๐‘ข๐‘”๐‘’๐‘›๐‘’ โ€“ nรก speelvakke by SOF en die Vrystaat Kunstefees is diรฉ vlagskipproduksie nou op pad Stellenbosch toe.
๐ŸŽญ ๐ฟ๐‘’๐‘š๐‘œ๐‘’๐‘›๐‘’, ๐‘™๐‘’๐‘š๐‘œ๐‘’๐‘›๐‘’, ๐‘™๐‘’๐‘š๐‘œ๐‘’๐‘›๐‘’, ๐‘™๐‘’๐‘š๐‘œ๐‘’๐‘›๐‘’, ๐‘™๐‘’๐‘š๐‘œ๐‘’๐‘›๐‘’ โ€“ โ€™n lieflike ko-produksie van Suidoosterfees en KKNK.
๐ŸŽญ ๐‘†๐‘˜๐‘Ž๐‘›๐‘ ๐‘’ โ€“ โ€™n splinternuwe drama deur Deon Opperman, wat al twee keer die Hertzog-prys vir Drama gewen het!
๐ŸŽญ ๐ธ๐‘’๐‘Ÿ๐‘ ๐‘ก๐‘’ ๐‘ฃ๐‘–๐‘Ÿ ๐‘Ž๐‘™๐‘™๐‘’๐‘  โ€“ diรฉ produksie het vanjaar SOF-gehore gaande gehad!

Daar is nรณg Suidoosterfees-gunstelinge op die Woordfees-program, onder meer ๐พ๐‘Ž๐‘Ÿ๐‘Ž๐‘š๐‘œ๐‘›๐‘˜, ๐‘‚๐‘›๐‘  ๐‘–๐‘  ๐‘›๐‘œ๐‘” โ„Ž๐‘–๐‘’๐‘Ÿ, ๐‘‰๐‘–๐‘ฃ๐‘Ž๐‘™๐‘‘๐‘– ๐‘’๐‘› ๐‘‘๐‘–๐‘’ ๐‘ฃ๐‘œ๐‘›๐‘‘๐‘’๐‘™๐‘–๐‘›๐‘” en ๐‘Š๐‘œ๐‘›๐‘‘๐‘’๐‘Ÿ ๐‘–๐‘› ๐‘ค๐‘œ๐‘œ๐‘Ÿ๐‘‘๐‘’.

Die Toyota Stellenbosch Woordfees vind van ๐Ÿ‘ ๐ญ๐จ๐ญ ๐Ÿ๐Ÿ ๐Ž๐ค๐ญ๐จ๐›๐ž๐ซ ๐Ÿ๐ŸŽ๐Ÿ๐Ÿ” plaas. Gaan maak โ€™n draai, ondersteun die kunstenaars en produksies โ€“ en bespreek betyds!

Kyk hier na al Suidoosterfees se Woordfees-aanbevelings en kry die besprekingskakels: https://suidoosterfees.com/project/stellenbosch-woordfees-2026-sof-se-aanbevelings/

๐€๐ซ๐จ๐ฎ๐ง๐ ๐ญ๐ก๐ž ๐ญ๐š๐›๐ฅ๐ž, ๐ฐ๐ก๐ž๐ซ๐ž ๐ง๐ž๐ฐ ๐ฌ๐ญ๐จ๐ซ๐ข๐ž๐ฌ ๐ญ๐š๐ค๐ž ๐ฌ๐ก๐š๐ฉ๐ž โ€ฆAfter a full day of writing, talking, questioning and creating at the Ja...
01/09/2026

๐€๐ซ๐จ๐ฎ๐ง๐ ๐ญ๐ก๐ž ๐ญ๐š๐›๐ฅ๐ž, ๐ฐ๐ก๐ž๐ซ๐ž ๐ง๐ž๐ฐ ๐ฌ๐ญ๐จ๐ซ๐ข๐ž๐ฌ ๐ญ๐š๐ค๐ž ๐ฌ๐ก๐š๐ฉ๐ž โ€ฆ

After a full day of writing, talking, questioning and creating at the Jakes Gerwel Foundationโ€™s Paulet House in KwaNojoli, three of our NATi Rising Stars โ€“ ๐๐ข๐œ๐ก๐จ๐ฅ๐š ๐•๐ข๐ฏ๐ข๐ž๐ซ๐ฌ, ๐†๐ซ๐š๐ญ๐ข๐š ๐๐จ๐ง๐ค๐ฎ๐ฅ๐ฎ๐ฅ๐ž๐ค๐จ ๐“๐š๐ค๐š ๐š๐ง๐ ๐Š๐ซ๐ข๐ฌ๐ญ๐ž๐ง ๐…๐ข๐œ๐ก๐š๐ซ๐๐ญ โ€“ take a moment around the table.

Each brings a distinctive creative voice to the 2027 Rising Stars journey.

๐๐ข๐œ๐ก๐จ๐ฅ๐š is already making her mark as an actor, writer and theatre-maker. A former ATKV-Tienertoneel winner, she received the Fleur du Cap Most Promising Student Award in 2025. She co-wrote and directed ๐ท๐‘–๐‘’ ๐‘˜๐‘œ๐‘›๐‘–๐‘›๐‘” ๐‘’๐‘› ๐‘ ๐‘ฆ ๐‘๐‘Ÿ๐‘ข๐‘–๐‘‘, which was named best production at Stellenbosch Universityโ€™s Premiรจre Theatre Festival, and has also appeared on screen in ๐‘€๐‘ฆ ๐‘“*๐‘˜, ๐‘€๐‘Ž๐‘Ÿ๐‘’๐‘™๐‘–๐‘ง๐‘’! and ๐ท๐‘–๐‘’ ๐‘‡๐‘œ๐‘Ÿ๐‘–๐‘›๐‘”.

๐†๐ซ๐š๐ญ๐ข๐š brings her unique perspective and creative energy to this yearโ€™s group. As part of the Rising Stars programme, she is using the residency at Paulet House to develop her own work alongside fellow emerging theatre-makers โ€“ with time and space to experiment, exchange ideas and strengthen a new theatrical voice.

๐Š๐ซ๐ข๐ฌ๐ญ๐ž๐ง graduated cm laude in Drama and Theatre Studies from Stellenbosch University and works across writing, directing, acting and design. Her theatre-making already shows an appetite for unconventional stories: she co-created ๐ด๐‘˜๐‘Ÿ๐‘Ž๐‘ ๐‘–๐‘Ž, an absurd romance that travelled from the student stage to the KKNK and Theatre Arts, and she has also performed in ๐บ๐‘Ÿ๐‘Ž๐‘›๐‘Ž๐‘Ž๐‘ก๐‘ ๐‘Ž๐‘.

And this table at Paulet House is exactly what the residency is about: giving promising young artists the space to think, write, listen, challenge one another and turn ideas into theatre.

NATi Rising Stars is proudly made possible by NATi โ€ข Nasionale Afrikaanse Teater-Inisiatief, Suidoosterfees, the Jakes Gerwel Foundation and Artscape.

Read more about our Rising Stars and their work on the Suidoosterfees website:
https://suidoosterfees.com/project/nati-jong-sterre-vir-2027/

๐Ž๐ง๐ฌ ๐๐€๐“๐ข ๐‰๐จ๐ง๐  ๐’๐ญ๐ž๐ซ๐ซ๐ž ๐ข๐ฌ ๐š๐š๐ง ๐๐ข๐ž ๐ฐ๐ž๐ซ๐ค!Die 2026โ€“2027-groep het by die Jakes Gerwel Stigting se Paulet Huis in KwaNojoli sa...
28/08/2026

๐Ž๐ง๐ฌ ๐๐€๐“๐ข ๐‰๐จ๐ง๐  ๐’๐ญ๐ž๐ซ๐ซ๐ž ๐ข๐ฌ ๐š๐š๐ง ๐๐ข๐ž ๐ฐ๐ž๐ซ๐ค!

Die 2026โ€“2027-groep het by die Jakes Gerwel Stigting se Paulet Huis in KwaNojoli saamgetrek om te werk aan hul nuwe teatertekste en produksies wat by Suidoosterfees 2027 gaan debuteer.

Hier is die span by Paulet Huis:
๐ด๐‘”๐‘ก๐‘’๐‘Ÿ: Henu Baden en mentor Oscar Petersen.
๐‘‰๐‘œ๐‘œ๐‘Ÿ: Kristen Fichardt, Luna August, Nichola Viviers en Gratia Nonkululeko Taka.

Die ander mentor wat hierdie talentvolle groep op hul kreatiewe reis begelei, Rafiek Mammon, is diรฉ keer net buite die kamera se oog!

Ons sien uit na wat uit hierdie skrywersverblyf โ€“ en die maande se werk wat voorlรช โ€“ gaan voortvloei.

NATi Jong Sterre word met trots moontlik gemaak deur NATi, die Suidoosterfees, die Jakes Gerwel Stigting en Artscape.

Lees meer oor ons Jong Sterre en hul werk op die Suidoosterfees-webwerf: https://suidoosterfees.com/project/nati-jong-sterre-vir-2027/
NATi โ€ข Nasionale Afrikaanse Teater-Inisiatief
Suidoosterfees
Jakes Gerwel Foundation
Artscape

Address

Ground Floor, Media24 Building, 40 Heerengracht Street
Cape Town
8001

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Suidoosterfees posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Suidoosterfees:

Share