22/05/2026
Is jy reg om jou akkuraatheid te toets? Pak jou geweer, bring jou skill en kom wys wat jy kan doen by die Middelwater Plaas SAJWV Skietbaan in Bloemfontein op 30 Mei 2026!
Of jy nou kompeterend is of net vir die lekkerte wil kom skiet, almal is welkom by die Lapua Groepering Skiet Kompetisie 🔥🎯
📍 Middelwater Plaas SAJWV Skietbaan
📅 30 Mei 2026
⏰ Registrasie & opening: 07:30 | Skiet uitdaging begin: 08:30
🏅 Prysuitdeling vind plaas direk nadat alle punte verwerk is
💰 Kostes:
• R150 per inskrywing (Insluitend 2 teikens – 1 Randslag & 1 Senterslag)
• R50 per addisionele teiken
• Geen SA Jag lidmaatskap nodig nie
Skryf hier in: Registrasie Vorm
📞 Vir meer inligting kontak Belinda Hayter by 082 823 0295