26/08/2026
My Getuienis
Ek het ook gedink dat ek gered is my hele lewe lank!!!!! Die Woord van God sê...baie is geroep....maar Min word uitverkies. My lewe was goddeloos en losbandig, en as daar iets is wat ek Nie gehad het Nie, is dit nederigheid en dankbaarheid.
In 2019-2020 het ek n Jaar van skisofrenie beleef. Dit was n verskrikking!!!!!!!!!! Tugtiging van die almagtige Hemelse Vader. Sy toorn het oor my ontvlam....Hy het my n stukkie laat beleef van wat vir my wag....die tweede dood....ewige verdoemenis....HEL!!!!!
Isolasie....Hulpeloosheid en GEEN HOOP Nie...moedeloosheid....straf...torture van die siel!!!!!!!
Geestelike versteuring met sig en gehoor in geestes dimensie.
Die Here het ALLES van my weggevat...intellek....common sense en my talente. Ek Kon Nie viool of klavier speel Nie!!!
Nadat ek besef het dat die Here my iets wys...en laat beleef...het Ek my sondes begin belei. Skarlaken....besmet....vuil...het ons BAMHARTIGE Vader my baaaaaaaie Diep uitgetrek...en weer standvastigheid gegee. Uit die slyk en modder het Jesus my kom uithaal. My restore en groot GENADE aan my bewys.Die Woord sê.....keer terug Israel, DAN sal Ek jou omstandighede verander. Nader tot God en Hy sal tot jou Nader!....Bekeer jou van jou sondes...draai weg!!!!!!
Ek sien steeds wat die Heilige Gees my wys in die derde dimensie en ek wil aan elkeen bemoediging gee vandag. Daar is voorwaar n oorlog 24 - uur uit 24 - uur. Maar dit is God wat Vir ons veg Eks 14:14. Daar is Engele rondom priesterdom en die Heilige Gees , ons paracleutos....langsaan jou...rondom...langs...voor en agter. Sy vuur is jou voorhoede en Sy Vlam jou agterhoede.
Pleit die Bloed van Jesus oor jou lewe en liggaam en toekoms!!!!!!!!!! There is protection in the BLOOD!
Trek die volle wapenrusting aan Efes 6.
Jesus is jou verlossing....Jesus is jou pantser.. borsplaat...Jou geloof in die kruisdood en almagtige versoening van ons ABBA....Jesus is jou swaard.....die Heilige Gees lei jou in die Woord en Na die Woord....Jesus en jou voete geskoei met die bereidwilligheid om iets v die Here te doen.
Moet jouself Nie meer ag as Ander Nie. God sal die kleinste en onbenulligste liggaamsdeel met meer sorg beklee.
Ek is dankbaar.....dankbaar.....dankbaar