Kunskoors

Groot nuus vir Tuinkoors!Ons is trots om aan te kondig dat Seeff Eiendomme Jeffreysbaai amptelik aangewys is as Hoofborg...
14/09/2026

Groot nuus vir Tuinkoors!

Ons is trots om aan te kondig dat Seeff Eiendomme Jeffreysbaai amptelik aangewys is as Hoofborg van Tuinkoors 2027.

Seeff het van die begin af in hierdie droom geglo: in 2025 as die enigste eiendomsagentskap wat in Tuinkoors belĂŞ het, en nou as ons eksklusiewe vennoot vir 2027.

Tuinkoors 2027
Een geleentheid.
Een hoofvennoot.
Een eksklusiewe eiendomsmerk.

Ons bedank Seeff Jeffreysbaai vir hul volgehoue ondersteuning en visie. Ons sien uit daarna om 2027 saam na nuwe hoogtes te neem.


Big news for Tuinkoors!

We are proud to announce that Seeff Properties Jeffreys Bay has officially been appointed as the Main Sponsor of Tuinkoors 2027.

Seeff has believed in this dream from the start: in 2025 as the only property agency that invested in Tuinkoors, and now as our exclusive partner for 2027.

Tuinkoors 2027
One event.
One main partner.
One exclusive property brand.

Thank you to Seeff Jeffreys Bay for their continued support and vision. We cannot wait to take 2027 to new heights together.

13/09/2026

JAK DE PRIESTER KOM J-BAY TOE!

📍 Oase Kerk, J-Bay
📆19 September 2026

🎟️ Kaartjies:
• Quicket
• WhatsApp Soria — 082 684 4350
• Ook beskikbaar by die deur

⏰ Deure gaan oop: 17:00
Vertoning begin: 18:00 stiptelik

JAK DE PRIESTER IS COMING TO J-BAY!

📍 Oase Kerk, J-Bay
📆19 September 2026

🎟️ Tickets:
• Quicket
• WhatsApp Soria — 082 684 4350
• Also available at the door

⏰ Doors open: 5 PM
Show start: 6 PM sharp

VIP-KAARTJIES IS AMPTELIK UITVERKOOP!Slegs EEN WEEK oor en die druk is op! Die VIP-sitplekke is reeds skoonveld, wat bet...
12/09/2026

VIP-KAARTJIES IS AMPTELIK UITVERKOOP!

Slegs EEN WEEK oor en die druk is op! Die VIP-sitplekke is reeds skoonveld, wat beteken gewone kaartjies gaan nou bitter vinnig. Moenie hierdie eksklusiewe vertoning misloop nie!

Aangesien Jak de Priester nie die 2027-hoofprogram kan meemaak nie, is hierdie jou ENKELE geleentheid om hom regstreeks in Jeffreysbaai te sien terwyl ons die lente verwelkom en Kunskoors ondersteun.

Datum: 19 September 2026
Tyd: 18:00
Plek: Oase Kerk, Jeffreysbaai

Kaartjies:
* Gewoon: R150 (ongereserveer: eerste daar, eerste keuse!)
* VIP: UITVERKOOP

Besprekings:
* Aanlyn: Quicket
* Soria: 082 684 4350
* Oase Kerk (Sunette): 072 408 5472

Kry kaartjies nou voor die hele vertoning uitverkoop is!

VIP TICKETS ARE OFFICIALLY SOLD OUT!

Only ONE WEEK to go and the rush is on! VIP tickets are completely gone, which means general tickets are selling fast. You absolutely cannot miss this exclusive show!

Since Jak de Priester cannot join our main 2027 festival line-up, this is your ONLY chance to catch him live in J-Bay as we celebrate the new season and support Kunskoors.

Date: 19 September 2026
Time: 18:00
Venue: Oase Church, Jeffreys Bay

Tickets:
* General: R150 (unreserved: first come, first served!)
* VIP: SOLD OUT

Bookings:
* Online: Quicket
* Soria: 082 684 4350
* Oase Church (Sunette): 072 408 5472

Don't wait, secure your tickets now before the entire show sells out!

TUINKOORS: Die tuin by Waxtree straat 5 is op die oomblik in volle blom en lyk absoluut pragtig! Hoewel die Tuinkoors-ko...
10/09/2026

TUINKOORS:

Die tuin by Waxtree straat 5 is op die oomblik in volle blom en lyk absoluut pragtig!

Hoewel die Tuinkoors-kompetisie waarvoor die tuin vanjaar ingeskryf was reeds verby is, staan die blomme nou op hul mooiste. Die eienaar nooi die hele Jeffreysbaai uit om weer 'n draai te kom maak en die tuin in sy volle glorie te aanskou.

​Almal is welkom om enige tyd te kom rondloop en die kleure te geniet. Geen afspraak is nodig nie, kom kuier gerus wanneer dit jou pas!

​📍 Wax Treestraat 5, Jeffreysbaai
⏰ Enige tyd oop

​

​The garden at 5 Waxtree avenue is currently in full bloom and looking absolutely breathtaking!

Although this year's Tuinkoors competition entry has already passed, the flowers are only now at their peak. The owner warmly invites the whole Jeffreys Bay community back to come and see the garden in all its beauty.

​It is completely open to everyone at any time. Feel free to pop in whenever you like to take a stroll and enjoy the blooms!

​📍 5 Wax Tree Street, Jeffreys Bay
⏰ Open anytime

'n Besondere verjaardag om te vier…30 Augustus: Nataniël!Vandag vier Kunskoors die verjaardag van 'n kunstenaar wat oor ...
30/08/2026

'n Besondere verjaardag om te vier…
30 Augustus: Nataniël!

Vandag vier Kunskoors die verjaardag van 'n kunstenaar wat oor dekades heen bewys het dat ware kuns geen grense ken nie.

Musiek. Teater. Woord. Humor. Styl. Verbeelding.

Nataniël het dit alles tot 'n unieke kunsvorm verweef en daarmee 'n besondere plek in die Suid-Afrikaanse kunslandskap verower.

Vir Kunskoors is hy boonop deel van ons eie geskiedenis: Nataniël was die heel eerste hoofkunstenaar van Kunskoors in 2025.

Hy het saam met ons die eerste treë gegee op 'n reis wat, so glo ons, nog baie jare sal voortduur: om uitnemendheid in alle kunsvorme na Jeffreysbaai te bring, kunstenaars te vier, en mense deur kuns te verbind.

Ons reken dit 'n voorreg dat 'n kunstenaar van Nataniël se statuur deel is van die Kunskoors-verhaal.
Gelukkige verjaardag, Nataniël.

Mag die verhooglig nog lank op jou skyn, en mag jou besondere stem, verbeelding en kunstenaarskap ons nog vir baie jare inspireer.

Kunskoors vier kuns, teater en musiek.
Vandag vier ons Nataniël.

26/08/2026

Kunskoors se eerste Tuinontwerp werkswinkel! Ute Martin is 'n Ongelooflike Bron van Kennis, Inspirasie, Ervaring en 'n wonderlike leermeester! Wat 'n Fantastiese dag saam met wonderlike mense. Mense het van uit die Vrystaat gereis om hierdie kursus by te kon woon. Hoe bevoorreg is ons in Jeffreysbaai nie om dit op ons drumpel te kan hĂŞ. So profesioneel, stylvol, uit die boonste rakke!! BRAVO Ute!

19/08/2026

Nog 30 dae. Is jy gereed?

Jak de Priester is op pad na Kunskoors, en dit gaan 'n aand wees wat Jeffreysbaai nie gou sal vergeet nie.

Datum: 19 September 2026
Tyd: 18:00
Plek: Oase Kerk, Jeffreysbaai

Kaartjies
Gewoon: R150
VIP: R200 (slegs 50 beskikbaar, met voorkeur-sitplekke)

Gewone sitplekke is ongereserveerd - eerste kom, eerste keuse.

Besprekings
Aanlyn: Quicket (link in ons bio)
Soria: 082 684 4350
Oase Kerk (Sunette): 072 408 5472

Kaartjies verkoop vinnig - moenie wag nie, bespreek vandag nog.

Vier die Lente saam met die geliefde sanger, skrywer en TV-persoonlikheid Jak de Priester!Aangesien hy nie die 2027-hoof...
07/08/2026

Vier die Lente saam met die geliefde sanger, skrywer en TV-persoonlikheid Jak de Priester!

Aangesien hy nie die 2027-hoofprogram kan meemaak nie, lewer hy 'n spesiale optrede om die lente te verwelkom en Kunskoors te ondersteun. Moenie hierdie eksklusiewe vertoning misloop nie!

Datum: 19 September 2026
Tyd: 18:00
Plek: Oase Kerk, Jeffreysbaai

Kaartjies
• Gewoon: R150
• VIP: R200 (Slegs 50 beskikbaar met voorkeur-sitplekke)
• Gewone sitplekke is ongereserveerd (eerste daar, eerste keuse).

Besprekings
• Aanlyn: Quicket
• Soria: 082 684 4350
• Oase Kerk (Sunette): 072 408 5472

-

Celebrate Spring with beloved singer, author, and TV personality Jak de Priester!

Since he cannot join the main 2027 festival, he is making a special stop in J-Bay to perform and celebrate the new season with us. Don't miss this exclusive show!

Date: 19 September 2026
Time: 18:00
Venue: Oase Church, Jeffreys Bay

Tickets
• General: R150
• VIP: R200 (Only 50 available with priority seating)
• General seating is unreserved (first come, first served).

Bookings
• Online: Quicket
• Soria: 082 684 4350
• Oase Church (Sunette): 072 408 5472

SpringCelebration JeffreysBay LiveMusic Kunskoors2027 Quicket

Baie geluk met jou verjaardag, Anna!Vandag vier ons 'n besondere talent! Deur jou liedjies en storievertelling raak jy a...
02/08/2026

Baie geluk met jou verjaardag, Anna!

Vandag vier ons 'n besondere talent! Deur jou liedjies en storievertelling raak jy al jare lank mense se harte aan, en elke storie wat jy vertel skep 'n raakpunt met jou gehoor. Ons salueer jou talent, jou vurige energie en jou onmiskenbare bydrae tot die kunste. Baie geluk, Anna!

Address

Jeffrey's Bay
6330

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kunskoors posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Kunskoors:

Shortcuts

Share

Category