Kÿto Karoofees

Kÿto Karoofees Kÿto Karoofees @ HSDA
26-28 Februarie 2026

20/05/2026
🎉 ONS IS LIVE! 🎉Die wag is verby…Die geheim is uit! 👀🔥Nie net een nie…maar TWEE splinternuwe webtuistes!🌐 HSDA:👉 www.hsd...
17/04/2026

🎉 ONS IS LIVE! 🎉

Die wag is verby…
Die geheim is uit! 👀🔥

Nie net een nie…maar TWEE splinternuwe webtuistes!

🌐 HSDA:
👉 www.hsda.co.za

en

🌐 Karoofees:
👉 www.karoofees.org

👇 Gaan verken op HSDA:
• Tuisblad
• About Us
• Akademie
• Sport
• Kultuur
• Sosiaal
• Spogblad
• Contact Us

en op die

🎉 Karoofees-webtuiste:
• Aankondiging
• Stalletjies
• Feesgeleenthede
• Reünies
• Borge
• Kontak

Alles wat jy nodig het…op een plek. 💙

Jy gaan anders kyk na HSDA…..en ons legendariese Karoofees! 🎠

Laat weet ons wat jy d**k! 👇

15/04/2026

🤩Sooooo opgewonde!!!🤩

13/03/2026

Die wind het ons amper weg gewaai, en toe’s daar nie tyd vir mooi maak nie. Maar ek is baie trots op my WAVEs - Western Cape Audio Visual Enthusiasts uniform. Kÿto Karoofees was weereens een vir die boeke. Dankie dat ek weer daar kon wees!

🎉 HSDA se leerders “blik🥫skitter” by die Karoofees! 🥳Tydens die Karoofees se vlotoptog wat op Donderdag, 26 Februarie, p...
04/03/2026

🎉 HSDA se leerders “blik🥫skitter” by die Karoofees! 🥳

Tydens die Karoofees se vlotoptog wat op Donderdag, 26 Februarie, plaasgevind het, het ons leerders ’n opwindende geleentheid gehad om geld in te samel deur middel van “blikskud”. 💰

Baie geluk aan die volgende leerders wat die meeste ingesamel het:
🥇 Eerste plek:
Mia Dumas en Janné Human (Graad 8)
🥈 Tweede plek:
Lodewikus Coetzee en Matthew-John Clarke (Graad 8)
🥉 Derde plek:
Johandré Barkhuizen (Graad 10)

04/03/2026
De Aar Build It-Plus Potjiekoskompetisie by die Kÿto Karoofees 2026Die De Aar Buildit-Plus Potjiekoskompetisie wat tyden...
03/03/2026

De Aar Build It-Plus Potjiekoskompetisie by die Kÿto Karoofees 2026

Die De Aar Buildit-Plus Potjiekoskompetisie wat tydens die jaarlikse Kÿto Karoofees plaasvind, was weereens — ten spyte van sterk wind en stofstorms — ’n reuse-sukses.

Nie eers die stormsterk winde kon die gees van die nou bekende, asook drie nuwe spanne, wegwaai nie.

Die Masala Girls se gees was net so warm soos die sous in hul Masala-lamskenkelpot. ’n Mens verwag niks minder van ’n sous met die naam: “Hou jou man by die huis” nie!

Elke inskrywing het ’n nommer ontvang sodat die beoordelaars die borde kos anoniem kon beoordeel. Bykosse het nie vir punte getel nie, maar die MASKEteers se tuisgebakte potbrood, die stampmielies wat Rusty Pot in ’n varkie-oond gaargemaak het, asook die sambal en geurige speserydrankie van die Masala Girls, het beslis die potte afgerond.

Die MASKEteers het as wenners uit die stryd getree, met Rusty Pot in die tweede plek en S.O.G. (Sons of God) derde.

’n Spesiale woord van dank aan ons beoordelaars — me. Lida Nel, mnr. Martin Barnard en ons nuweling, mnr. Mervin Smal — wat ons potjiekos se hoofborg, Build It, verteenwoordig het.

Baie dankie aan elke span wat bygedra het tot die sukses van die kompetisie.

Address

1 Jupiterroad
De Aar
7000

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kÿto Karoofees posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Kÿto Karoofees:

Shortcuts

Share

Category